Faf du Plessis: ‘Dit sal moeilik wees om net weg te stap’

Gefokus en gedetermineerd. Faf du Plessis speel ’n veeghou teen Australië. Foto: Cricinfo.

Daar is steeds ’n berg op Faf du Plessis se skouers. Maar in plaas van ’n Everest, is dit nou – te danke aan ’n wen teen Australië op Old Trafford – waarskynlik meer van ’n Kilimanjaro.

Die amper 35-jarige Du Plessis was aan die stuur van die Proteas se rampspoedige Wêreldbeker-krieketveldtog waar die span net drie van hul nege kragmetings in Engeland kon wen. Nodeloos om te sê het die Suid-Afrikaners nie vir die halfeindstryd gekwalifiseer nie.

’n Gefrustreerde Protea-kaptein was Suid-Afrika se voorste kolwer in die reeks. Sy 387 lopies is teen ’n gemiddeld van 64,50 geslaan, maar sy twee beste beurte (96* teen Sri Lanka en 100 teen Australië) is aangeteken toe die Proteas reeds uit die toernooi geboender is en hulle met groter vryheid kon speel.

Tog kon ʼn mens duidelik sien hoeveel Saterdag se honderdtal op Old Trafford vir Du Plessis beteken het.

“Ek het lank voor die Wêreldbeker reeds besluit dat ek gaan speel – maak nie saak of ons wen of verloor nie; goed of sleg speel nie. Dan sal ek, na alles verby is, rustig sit en evalueer hoe honger en gemotiveerd ek is. Natuurlik sal Krieket Suid-Afrika se planne ook in berekening gebring word,” het Du Plessis gesê.

Mens kan nog sien dat Du Plessis lus is vir die spel en hy het aangedui dat hy tot aanstaande jaar se T20 Wêreldbeker in Australië wil speel.

“Ek het regtig die wedstryd teen Australië geniet en dit sal moeilik wees om net weg te stap van internasionale krieket. Die besluit (oor wanneer hy sal uittree) sal waarskynlik voor ’n kaggelvuur met ’n glas rooi wyn in die hand geneem word.”

Die span se breier, Ottis Gibson, voel weer dat tyd die span se grootste hindernis was.

Tyd het teen die Proteas getel om ’n geskikte plaasvervanger vir AB de Villiers te kry – al het Rassie van der Dussen (311 lopies teen 62,20) hom glad nie sleg van sy taak gekwyt nie.

Dan is die algemene konsensus ook dat die Protea-boulers nie genoeg tyd gehad het om te rus nie – Gibson wou gehad het sy snelboulers moes vroeër uit die IPL onttrek word.

Om ’n lang storie kort te maak, die Wes-Indiër voel dat hy nie genoeg tyd gehad het om ’n sterk span te bou nie.

“Suid-Afrika smag na ’n Wêreldbeker. Ek het nou meer begrip daarvoor as ooit vantevore,” het Gibson gesê.

 

Die Proteas se topspelers gedurende die toernooi:

  • Kolwers:
  1. Faf du Plessis: 387 lopies teen ’n gemiddeld van 64,50 en ’n treftempo van 89,58.
  2. Rassie van der Dussen: 311 lopies teen ’n gemiddeld van 62,20 en ’n treftempo van 90,40.
  3. Quinton de Kock: 305 lopies teen ’n gemiddeld van 38,12 en ’n treftempo van 80,89.
  4. Hashim Amla: 203 lopies teen ’n gemiddeld van 40,60 en ’n treftempo van 64,85.
  5. David Miller: 136 lopies teen ’n gemiddeld van 34 en ’n treftempo van 86,62.
  • Boulers:
  1. Dwaine Pretorius: vyf paaltjies teen ’n gemiddeld van 18,80 en 4,08 lopies per beurt.
  2. Chris Morris: 13 paaltjies teen ’n gemiddeld van 26,23 en 5,35 lopies per beurt.
  3. Andile Phehlukwayo: 11 paaltjies teen ’n gemiddeld van 30,54 en 5,43 lopies per beurt.
  4. Imran Tahir: 11 paaltjies teen ’n gemiddeld van 34 en 4,92 lopies per beurt.
  5. Kagiso Rabada: 11 paaltjies teen ’n gemiddeld van 36,09 en 5,08 lopies per beurt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Patrys ·

Faf – bly groot asb nog ‘n jaar of 2 aan.Dis in Proteas se belang. Patrys.

Kaptein ·

Solank dit nie as kaptein is nie, en met ‘n splinternuwe afrigter en bestuurspan.

J ·

Nee nee, hoekom moet hy bly?? Swakste kaptein nog. Kan nie lei nie, stel net belang aan hoe sy arms in sy hempies lyk. As dit swak gaan, daag hy nie eens op vir die press nie, en stuur n world cup replacement.

Nico ·

Flaffie Doep tree asb onmiddelik uit en vat oa vir Ottis en Amla saam. Daar is seker net so 6 of 7 lede wat jy kan los. Julle het geweet ‘n groot deel van die span moes of outehuis toe gaan of in die sieke boeg gebly het. Verder het jy baie swak besluite geneem maar dit is seker maar oor jy groter as die spel is. Ottis gaan kuier by sy vorige werkgewer en sê ook hy gee nie om, om teen hulle te verloor nie.

Scruffy ·

Net verskonings Faf Jy en die afrigter het geweet wat wag vir jul maar nee jul vat ou mense saam . Toe die span aangekondig is was die skrif aan die muur Dit was geen teleurstelling dat jul nie onder die top 4 ge eindig het nie ek dink die meeste mense het dit verwag Nee wat kry n Suid Afrikaner vir n afrigter wat die span en die mense wil trots maak op die span

kolla ·

Nogals vreemd hoe bevooroordeeld sekere mense is. Amla kry die derde beste kolfgemiddelde (40) van die Protea-kolwers, dis glad nie te sleg nie.

Vraagteken ·

Amla het net goed gespeel (basies een keer) toe dit nie getel het nie. Terloops, ‘n gemiddeld van 40 is deesdae baie sleg.

cb ·

Otis Gibson, hou op om snert te praat. Australie, Indie, England………noem hulle maar. Hulle boulers was almal ook by die IPL

JK ·

As Faf en Gibson minder tyd spandeer om verskonings uit te dink en eerder te oefen sou dit beter gaan. Faf se lys die world cup : Die weer. Die blaaie. IPL. Swak nagrus. Beserings. Beserings. Die blad. “overworked”. IPL. Die blaaie. Die outfield. Nie genoeg rus nie. Pateties.

Boeseun ·

Hoe is dit sy skuld dat die res van sy span so swak is, hy kies nie die span nie? Miskien moet die olifant in die kamer die skuld kry, overhyped bowlers.

CallieL ·

Hoe los jy vir AB uit. Hier is dieselfde as by rugby. Die bestes loop oor hulle nie weet of hulle span gaan kry nie. Wat is oor waarop enige een op reg trots kan wees in die land.

Nico ·

Callie niemand het AB uitgelos nie. Hy het homself uit die span gehaal deur “uit te tree”. Jy kan nie na ‘n jaar oornag besluit jy gaan nou weer speel nie. Dieselfde moes vir Amla gegeld omdat hy nie wou speel tydens sy pa se siekte nie. In die regte lewe en werk kry werkers 3-5 dae menslikheids verlof, maar in sport kan sport manne vat so lank as wat hulle wil hê met volle betaling. Dit maak nie saak wat die rede is nie, maar dan wil hulle net terug in die span in stap.

Ai. ·

Maar hy het homself ok weer beskikbaar gemaak voor die wereldbeker Nico! Jy weet dit sekerlik ne!Snaaks dat sportkenners net hul kop skud dat hy nie gekies is nie en jy reken hy sou nie n verskil gemaak het nie wel met die drag slae kon dit sweerlik slegter gegaan het met AB daar? Hehe ja wat sal ek se… duidelik weet jy meer as daai sportkenners Nico ..Amla of Jp moes nooit daar gewees het nie wil jy vir my en al daai sportskenners kom vertel hy AB sou slegter vaar as Amla of Dumminy?. Se my was hul op vorm Nico? Een man kan n wedstryd krieket vir jou byna op op eie houdtjie wen soos Kholi, Dhoni , Kallis en AB ‘ s soort spelers van wereld gehalte. Een man kan lei en die vonk bied soos hul se maar die proteas het hulself nooit n kans geggee nie net aagehou met hardkoppige uit vorm span keuses! Geen leiding geen kaptein net n klomp uit vorm voortploeterende onvoorbereide sieke boeg spelers en oupas! Soos die verlepte proteas gespeel en waar hul ge-eindig het dink ek faf en kie se keuse om AB by die huis te Los en wel kwotas te kies wat erg uit vorm is het lelik geboomerang ne Nico!Maar soos hul se stamp jou kop teen die muur en se harde kop word sagte kop…Spyt kom te laat ne..lekkkkker verneder in die WB Nico…..Een van Suid Afrika se swakste WB ‘s ooit!!!!

What a joke! ·

Faf en JP en Otis en Steyn en Amla is van die eerstes wat moet waai na die rampspoedige WB..!!Sekerlik wens daai FAF en Otis lot nou AB was daar om hulle te red maar nee hul geniet toe eerder n helse vernederende loesing en vlieg nou stert tussen bene terug met n bek vol tande..Sal maar jul trots moet sluk en herken jul was te arrogant om AB by die huis te los aangesien hul maar beroerd gevaar het, dit kon net beter gegaan het met AB daar sweerlik nie slegter nie!

Nico ·

Ja, What a joke sou dit nie gewees het om AB te kies nie. HY HET SEF GESÊ HY TREE UIT. Hy kan nie nou op ‘n dag voir die span gekies word nie sê hier is ek kies my nie. Hy was vorige wêreld bekers met sterker spanmaats daar en waar is daardie bekers. Met die kolf peil van ons kolwers sou hy in elk geval nie maats gehad het om ons te red nie met ons kolwers se kolfpeil in die toernooi.

Nico ·

Met AB was dit n ander kolflys. Faf is op 9de beste ave en Rassie op 13, met alby wat bo 60 ave het. Nou waar sou AB nie maats gehaad het nie.
Maar dit is meer onder die bowlers waar daar geskort het. Die best bowler het die minste gespeel met n all rounder, wat ook nie elke game speel nie, wat die tweede beste bowler was. Waar is die swing bowlers???

Nico ·

Ek het dit nog altyd teen hoe kolwers se ave bereken word. Flaffie het in werklikheid 48.375 in 8 beurte waarvan 2 n.u.n is. Rassie het wel oor 50 (51.833) in 6 beurte waarvan 1 n.u.n is. Die n.u.n beurte trek ‘n kolwer se ave skeef, want die volgende beurt se teenstanders is ander spelers en ook meeste van die tyd ‘n ander kolfblad met verskilende weers omstandighede. Dus n.u.n beurte is ‘n skewe bewys van die werklikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.