Faf is Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar

Faf du Plessis. Foto: Cricinfo.

Ten spyte van ’n deurmekaar jaar waarin die Proteas onder sy leiding ’n eerste toetsreeksnederlaag teen ’n span van Asië én sommer vroeg uit die Wêreldbeker-kriekettoernooi geskakel is, is Faf du Plessis gisteraand in Pretoria as Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar aangewys.

Dit is die eerste keer dat dié eer hom te beurt val. Hy is ook as die eendagkrieketspeler van die jaar aangewys, sowel as die spelers se speler van die jaar.

Du Plessis het tydens die Wêreldbeker-toernooi, terwyl ander kolwers gesukkel het, 387 lopies teen ’n gemiddeld van 64.50 geslaan. In toetskrieket het hy vanjaar bestendig vertoon, maar die Sri Lankaanse klad teen sy naam sal nog lank by hom spook.

Quinton de Kock. Foto: Krieket SA/ANA

Quinton de Kock, die man wat gereeld die Protea-kaiings uit die vuur in rooibalkrieket kom krap het, is as die toetskrieketspeler van die jaar aangewys, terwyl die opwindende Rassie van der Dussen as die nuweling van die jaar aangewys is.

David Miller is die T20-speler van die jaar, terwyl Dale Steyn die KFC Streetwise-toekenning ontvang het omdat hy nou die voorste paaltjievraat in Suid-Afrika se toetsgeskiedenis geword het.

Dané van Niekerk is vir die derde keer in vier jaar as die vrouekrieketspeler van die jaar aangewys.

Lys van wenners:

  • Krieketspeler van die jaar (mans): Faf du Plessis
  • Krieketspeler van die jaar (vroue): Dané van Niekerk
  • Toetskrieketspeler van die jaar: Quinton de Kock
  • Eendagkrieketspeler van die jaar: Faf du Plessis
  • Nog een! David Miller kyk die bal agterna met sy soveelste ses in ’n T20-kolfbeurt. (Foto Twitter @OfficialCSA)

    T20-speler van die jaar: David Miller

  • SA spelers se speler van die jaar: Faf du Plessis
  • Ondersteuners se speler van die jaar: Kagiso Rabada
  • KFC Streetwise-toekenning: Dale Steyn
  • Aflewering van die jaar: Vernon Philander toe hy van Pakistan se Azar Ali op die Wanderers ontslae geraak het.
  • Internasionale nuweling van die jaar (mans): Rassie van der Dussen
  • Plaaslike vierdagreeks se speler van die jaar: Dane Piedt (Cobras)
  • Plaaslike eendagreeks se speler van die jaar: Junior Dala (Titans)
  • Mzansi-liga se impakspeler van die jaar: Rassie van der Dussen (Jozi Stars)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nico ·

Die prys is seker eintlik oor sy lojaliteit aan die ANC en die ouetehuis.

J ·

Ja nee enige “toekenning” om ou kaptein moutjies tops te laat voel. En so, gaan Faf vir nog 4jaar in die span en erger…Kaptein bly.

EKKE ·

Wonder watter beloftes ou Flaffie aan KSA gemaak het……….Pateties, dis eintlik al wat gesê kan word……..

Valerie ·

Daar behoort nie ‘n enkele prys vir enige iemand in SA kiriket te wees nie. ‘n Mens prys nie swak standaarde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.