Faf sal straks in die toets kan speel

Faf du Plessis. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Faf du Plessis. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Die stof rondom Faf du Plessis se beweerde balknoeiery en die herrie wat dit ontketen het, het nog lank nie gaan lê nie.

Du Plessis moet voor die IKR en die wedstrydskeidsregter verskyn, maar ʼn datum is nog nie vasgestel nie. Krieket Suid-Afrika het ʼn regsverteenwoordiger Australië toe gestuur om Du Plessis by te staan en te verdedig.

Dit sal moontlik die hele proses vertraag aangesien die IKR nou ook iemand moet aanstel om hulle saak te hanteer.

Die kwessie vir die Proteas is of hulle kaptein vir die derde toets beskikbaar sal wees. Indien hy skuldig bevind word aan balknoeiery kan hy, benewens ʼn boete, vir ʼn wedstryd geskors word.

Die toets begin Donderdag.

As die verhoor nie voor die wedstryd plaasvind nie, sal hy wel kan speel. Die verhoor sal moontlik eers ná die Proteas se terugkeer en wel in Suid-Afrika plaasvind wanneer die span al vir die toetsreeks teen Sri-Lanka voorberei.

♦  In Australië loop die gemoedere hoog ná die vernederende reeksoorwinning.

Die Australiese pers, moontlik in ʼn poging om die aandag van die swak vertoning van hulle span af te lei, het al verskeie pogings aangewend om ʼn onderhoud met of net ʼn aanhaling van Du Plessis te kry. Dit het gelei tot ʼn stampery met die Proteas se sekuriteitsmanne wat die joernaliste van Du Plessis af moes wegkeer. Daar was al meer as een so ʼn onaangenaamheid.

♦  As Suid-Afrika die derde toets ook wen, sal dit die eerste keer in Australiese krieketgeskiedenis  wees dat ʼn besoekende span in ʼn toetsreeks skoonskip maak.

♦  Die Australiese krieketbase het ses veranderinge aan hulle toetsgroep aangebring. Dit sluit drie debutante in. Dit is die eerste keer sedert 1984 dat Australië ses veranderinge aanbring.

Die Australiese span:

Steve Smith (kaptein), Jackson Bird, Peter Handscomb, Josh Hazlewood, Usman Khawaja, Nathan Lyon, Nic Maddinson, Matt Renshaw, Chadd Sayers, Mitchell Starc, Matthew Wade en David Warner.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gerhard ·

Dit is nie die Ausies wat die klag gelê het nie, dit was die IKR by name Dave Richardson, die Ausie span het nie een keer daaroor gekla nie. Ek dink dit tel in Faf se guns. Glo en hoop hy speel en hulle slag die Ausies.

Koos1 ·

Gerhard, die selfde Dave Richardson wat vir SA paaltjiewagter gespeel het?

egmond ·

die australiaaners gaan so mal oor die kamtige bal geknoeiery!, wat my laat wonder oor hulle swak spel is die feit dat hulle dalk besig is met die boekkies om die hele game te verloor , soos ons weet kan hulle miljoene rande maak selfs al verloor hulle . dalk moet dit ondersoek word !!

Uiltjie ·

Ou taktiek van die Ossies. Hulls druk die IKR agter die skerms. Daai video is seker meer as 20 keer gefynkam om tog n ou foutjie te soek, want geen span het al ooit die ossies so kisboude geboul nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.