Faf se lot bekend

Faf du Plessis. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Faf du Plessis. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Uitspraak in Faf du Plessis se appèlverhoor is Woensdag gelewer.

Die Engelse oudregter, Michael Beloff, wat die appèl aangehoor het, het Du Plessis se appèl verwerp en besluit om met die vorige uitspraak te volstaan. Dit beteken hy is steeds skuldig en beboet met sy volle wedstrydfooi. Dit beteken ook Du Plessis kan Maandag die Proteas lei wanneer die eerste toets teen Sri Lanka in Port Elizabeth begin.

Die appèlverhoor is Maandag in Dubai gehou. Du Plessis is in November daaraan skuldig bevind dat hy met die bal gepeuter het tydens ʼn kriekettoets teen Australië.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het vroeër in ʼn verklaring gesê die voorval het op die vierde en laaste dag van die toets plaasgevind. Die liggaam sê die televisiebeeld wys duidelik hoe Du Plessis speeksel van ʼn peperment – ʼn kunsmatige middel in die konteks van balversorging op die veld – aan die bal smeer, met die doel om die toestand en dus die “gedrag” van die bal te verander.

Lees alle vorige berigte oor Faf du Plessis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Len ·

Dit is belaglik. Dan kan daar ook nie meer energie drankies gegee word aan spelers nie en skoon water sal meer gepas wees. Spelers mag dan ook dan nie kougom kou nie en spelers sal doen ook seker ‘n spoeg toets moet doen om seker te maak daar is nie kunsmatige middele in hulle monde nie. aai waar gaan krieket dan nie einding nie. Ek dink steeds hierdie is meer suur druiwe aangesien dit Suid Afrikaanse spelers is. Was dit Austalia wat dit gedoen het was daar geen fout nie. Komaan KSA. Waar is julle bekwame reg span om FAF te verdedig.

Jan ·

Dis was nou tog te mooi om te sien hoe Amla destyds, toe Faf aanvanklik skuldig bevind is, op ‘n perskonferensie beduie het die hele span glo aan sy onskuld en staan bankvas agter hom, al het almal op die TV kon sien hy het aan die bal gepeuter. Dit is nou samehorigheid, gaan saam as ‘n span onder. Dit laat my aan Zuma en die kabinet dink, volg blindelings.

ALTA VAN ZYL ·

Ag, my genade! Dit gaan my verstandjie te bowe dat ‘n span, wat in elk geval die toetsreeks reeds gewen het, se kaptein met ‘n bal sal peuter! Ons het hulle klaar die loesing van hulle lewe gegee, maar ek verstaan – Australie het ‘n tantrum gegooi – op die vloer neergeslaan en die beentjies geswaai dat dit klap! Shame!!!! Bad losers!

Gerrie ·

Dit was nie die Ausies wat gekla het nie, maar die IKR, by name Dave Richardson, oud SA paaltjiewagter.

Jan ·

Rudolph, die Engelse ouregter is verkeerd, hy het ‘n bril nodig, die hele wêreld is verkeerd , buiten Faf se ondersteuners. Dis net Faf se ondersteuners wat reg is en die blaam op jalosie plaas, wat de dinges voel die oudregter vir jalosie.

Corrie ·

Groot ondersteuner van Faf, maar hy het droog gemaak. Vir wat het hy die bal met sy spoeg gevryf?? Hy as kaptein moet van beter weet. Vat jou pak soos ‘n man en beweeg aan!

Thinus ·

Jy mag die bal met spoeg smeer…dis so in die reëls…hulle het n probleem met die kunsmatige middel ook bekend as pepperment wat met sy spoeg gemeng was….dis eintlik belaglik….

Rupert Ashford ·

Paar dingetjies:
1.) Die saak is deur ‘n Aussie toeskouer wat op TV gekyk het geinisieer en toe van daar af ge-eskaleer. Die Australiese span was nie regtig betrokke in die begin nie.
2.) Daar is ‘n presedent vir die tipe saak geskep in ‘n vorige reeks om die As so Faf moes geweet het wat kan gebeur.
So hoewel die beginsel belaglik is (kougom, koeldrank ens) soos mense hier bo gese het, het die feit dat die WIT lekker so duidelik gesien kon word op TV hom gesink. So miskien moet hy volgende keer ‘n deursigtige lekker suig…;-)

Carel ·

Was die skeidsregter aan die slaap? Hoekom het hy nie daar en dan die bal verander nie.?

Jan ·

Ek sien juis hy wys hier bo hoe reguit die paadjie is wat mens moet loop.

Sue ·

Nee wat Faf … gaan groot…gooi daaise bal met n pepermint in hulle se soda stand!!
Waar is dit nou wetenskaplim bewys dat daai (soostgelyke bal met boulbeurte met n pepermint…met die juiste spoegies van Faf) die bal kon breek!! No proof..no pudding! Seriously??? Did wereld het jeel laf geword!

Alida ·

Ek is bietjie dom. Kan iemand asb vir my verduidelik watter verskil die pepperment spoeg teenoor gewone spoeg aan die swaai van die bal gaan maak? Soos daar tereg opgemerk is, die reeks was toe reeds in ons sakkie.

Jan ·

Ek stem, ek kan my nou nie indink dat die ICC ‘n reël sal maak, net om die spelers te frustreer nie. Mens kan dit nou seker gaan Google, en ek is seker mens sal op ‘n sinvolle antwoord afkom, maar die wat met sekerheid wil weet, gaan Google dit gerus self.

Frik k ·

Jan ek stem saam met jou. Veral dat dit gedurende die verhoor uitgekom het dat Faf erken het hy die peppermint lekker vir die uitsluitlike doel in sy mond gesit het om die spoeg daarvan te gebruik om dit op bal te smeer. Nee wat Faf vat die skuldigbevinding soos n man leer uit jou fout en hopelik so ook jou span lede.

pj ·

Onthou net Faf is in 2013 ook aan ‘ball tempering’ skuldig bevind, toe hy die bal se kondisie verander het deur die bal teen ‘n ritssluiter aan sy broek te vryf. Gewoonte misdadiger?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.