Faf skuldig aan balknoeiery

Faf du Plessis. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Faf du Plessis. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, is daaraan skuldig bevind dat hy met die bal gepeuter het tydens ʼn kriekettoets met Australië.

Du Plessis is tydens Dinsdag se verhoor deur David Becker, voorheen hoof van die Internasionale Krieketraad se regspan, verteenwoordig. Die verhoor het in Adelaide in Australië plaasgevind. Du Plessis is met sy volle wedstrydfooi vir die toets beboet. Hy mag egter in die derde toets wat Donderdag begin, speel.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het vroeër in ʼn verklaring gesê die voorval het verlede Dinsdagoggend, die vierde en laaste dag van die toets, plaasgevind. Die liggaam sê die televisiebeeld wys duidelik hoe Du Plessis speeksel van ʼn peperment – ʼn kunsmatige middel in die konteks van balversorging op die veld – aan die bal smeer, met die doel om die toestand en dus die “gedrag” van die bal te verander. Die IKR het Du Plessis Vrydag amptelik aangekla dat hy met die bal tydens die tweede toets in Hobart gepeuter het.

♦ In Australië loop die gemoedere hoog ná die vernederende reeksoorwinning.

Die Australiese pers, moontlik in ʼn poging om die aandag van die swak vertoning van hulle span af te lei, het al verskeie pogings aangewend om ʼn onderhoud met of net ʼn aanhaling van Du Plessis te kry. Dit het gelei tot ʼn stampery met die Proteas se sekuriteitsmanne wat die joernaliste van Du Plessis af moes wegkeer. Daar was al meer as een so ʼn onaangenaamheid.

♦ As Suid-Afrika die derde toets ook wen, sal dit die eerste keer in Australiese krieketgeskiedenis wees dat ʼn besoekende span in ʼn toetsreeks skoonskip maak.

♦ Die Australiese krieketbase het ses veranderinge aan hulle toetsgroep aangebring. Dit sluit drie debutante in. Dit is die eerste keer sedert 1984 dat Australië ses veranderinge aanbring.

Die Australiese span:
Steve Smith (kaptein), Jackson Bird, Peter Handscomb, Josh Hazlewood, Usman Khawaja, Nathan Lyon, Nic Maddinson, Matt Renshaw, Chadd Sayers, Mitchell Starc, Matthew Wade en David Warner.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tewie Wessels ·

David Richardson wat vir SA paaltjiewagter gespeel het is te blameer.Hy orobeer die guns van Australië te wen.Hy moet nooit weer sy voete in SA sit nie

CF ·

Die Aussies is bad losers! Hulle soek ‘n verskoning vir hule slegte spel. Om dit nou goed in te vryf moet ons die laaste toets ook wen!

Jonathan ·

Kan nie glo Aus doen dit nie, hulle verloor sleg en blameer n stukkie kougom daarvoor…Siestog…

Alwyna Holtzhausen ·

Die Aussies tree soos n klomp stout seuntjies op wat nie hul sin kry nie. Wel, die oplossing is….gee hulle n afgedanke loesing!! Sleg vir krieket wat veronderstel is om n gentleman game te wees!!!

BJ Vorster ·

Die kaptein behoort die reëls te ken en te geweet het dit is ontoelaatbaar! Met sy optrede het hy al die glans van die oorwinning ondaan gemaak met sy ongeoorloofde taktiek en sodoende iets heel onnodig ontketen. Dit het hom duur te staan gekom en hopelik het hy nou sy les geleer – ek het iewers gesien hy het dit voorheen al ook gedoen – as my geheue reg is. Was dit regtig nodig?

Burger ·

Suid Afrika , maak net seker dat julle die derde toets vat. Die trane gaan baie meer wees as n taai spoeg kol op n bal .

francois ·

Die Aussies se desperate poging om die Proteas te ontsenu met die aanklag. Maar nou ja, julle het so pas n lat vir julle eie gatte gepluk. Die Proteas gaan met julle mors!

Deon ·

Ek stem 100% saam met die optrede teen ons kaptein asook die bevindinge. Faf is reeds by meer as een vorige geleenthede by soortgelyke optredes betig. Genoeg gesê. Wat die nuwelinge in die Aussies se span aanbetref, hoop ek ons afrigter van die nasionale span ten minste die helfte van die span vir Saterdag se toets met jongelinge sal vervang.

Rugga007 ·

Nee wat ou Faf, betaal daai boete met n smile, die reeks oorwinning maak 100% op daarvoor, niks so lekker soos n Ausie wat suffer nie.

Ja-nee ·

Faf is al ‘n gewoonte misdadiger, en moes sommer vir ‘n jaar geskors gewees het. Dit is sy derde oortreding en dan is hy nogal kaptein ook. Swak optrede van hom en doen niks goed vir SA se beeld.

Nico ·

Ja-nee ek stem ten volle saam met jou. Alhoewel Faf die span tans goed lei het dit nog altyd teen Faf dat hy altyd so arrogant optree. Hy dink teveel van hom self en ag hom hoër as die spel self. Hy begin nou soos ‘n misdadiger optree met sy gepeuter met die bal. As jy dit nie volgens die reels kan speel nie tree uit. Jy het nie regtig gewen as jy dit op ‘n oneerlike manier gedoen het nie.
Moes sommer vir die toets geskors gewees het.

Rugga007 ·

Nico, Ja-nee, en julle dink regtig n peppermint kan n verskil maak aan die bal, hel ouens net twee woorde GROW UP

Butler ·

Wel julle almal het iets te sê nou.
Die punt is FAF was verkeerd ken julle nie die reels nie.
Hy was al skuldig gewees so ja I rest my case

Ian ·

Nico wil graag weet hoe kom jy tot die gevolgtrekking dat hy homself hoer as die spel ag, en arrogant is. Misdadiger??? Regtig onvanpas. Net terloops. Dit was die vierde dag en die koeel was deur die kerk vir die Aussies en hoekom sal n speler van sy formaat sy loopbaan op die spel sit deur n peppermint aan n bal te smeer . ASB man.

Barend j ·

en wat van die ausies se kou gom kouery dan is dit ook verkeerd daar is ook suiker in kougom wat dan aan die bal gesmeer word almal doen dit om die bal blink te hou aan die een kant

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.