Gaan Amla weer die pyp in Engeland rook?

Hashim Amla. Foto: Cricinfo.

Hashim Amla is die vinnigste kolwer om 2 000, 3 000, 4 000, 5 000, 6 000 én 7 000 eendaglopies in internasionale krieket te slaan. Hy het in sy loopbaan van 15 jaar die bal na hartelus van buite die wegpen na die bykant gemoker en talle boulers laat kopkrap.

Maar “Die Grote Hash” is nou 36 jaar oud en te danke aan ’n swak 2019-lopiejaar, voel baie dat hy gelukkig is om Ottis Gibson se Wêreldbekergroep na Engeland te haal.

Tog glo Amla se spanmaats dat hy steeds iets baie spesiaal het om in sy derde en laaste Wêreldbekertoernooi te bied.

Faf du Plessis gló in Amla se vermoë om terug te bons ná ’n maer jaar, terwyl Aiden Markram – die man wat talle glo Amla se plek in die Protea-kolforde moet inneem – voel dat die keurbase eerder vir Amla bó hom in die finale elftal moet kies.

In 2019 het die Durbanse kolwer ’n swak jaar gehad en ’n paar toernooie misgeloop omdat sy pa ernstig siek was.

“Ek het bietjie tyd weg van die spel gehad en nou sien ek werklik uit om weer die Groen-en-goud oor my kop te trek,” het Amla gesê.

Sy statistieke in Engeland tel ook in sy guns – hy handhaaf ’n eendag-gemiddeld van net meer as 56 lopies op dié groen eiland.

“Ek het ’n goeie rekord in Engeland en geniet dit om hier te speel. Ek is méér honger as ooit vantevore om suksesvol te wees en ek weet dat ek sterker wil terugkom.”

Die Proteas pak die tuisspan – wat as die gunstelinge beskou word – in die openingswedstryd van vanjaar se toernooi.

  • Hashim Amla het Suid-Afrika se hoogste toetstelling (311*) teen die einste Engelse op hul tuisveld geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jack Russl ·

Daar is ander kolwers wat eerder kans kon gegee word. Amla is nie meer ODI gehalte nie.

311 is baie goed, maar dis 7 jaar terug en die wereldbeker word nie in toetse gespeel nie

Judge Dredd ·

Hierdie jaar wil ons nie “choke” nie – ons gaan sommer behoorlik verloor.

Nico ·

Wel as Amla speel en hy ryg die lopies in moet die vinger na Flaf Du Plessis en Ottis Gibson gewys word omdat hy nie in SA lopies kon kry nie. Dit sal dan wys watter skade die bouler vriebdelike blaaie die kolwers benadeel het en dan moet hulle hoop dit ontplof nie in hul gesigte as die boulers gaan swaar kry op blaaie wat nie vir hulle pudding is nie.

Eugene ·

Dit gaan nie om Amla nie.Die vraag is gaan Dave Miller lopies aanteken.Iets wat hy nie die afgelope jare kon doen nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.