Geen Protea in ‘Wisden’ se toetsspan

Marnus Labuschagne vier ’n honderdtal op die Gabba. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

Wisden, die gesaghebbende krieketpubliksasie, het sy toetsspan bekendgemaak. Spelers se huidige spelpeil sowel as hul loopbaanrekord is in ag geneem toe die span aanmekaargeslaan is.

Volgens Wisden sal dié groep spelers op enige kolfblad gedugte teenstanders wees. Maar ondanks Aiden Markram se heldedade in Pakistan, Anrich Nortjé se onbetwisbare vuur en aggressie en Quinton de Kock se kolfherlewing in die Wes-Indiese Eilande, is daar nie ’n enkele Suid-Afrikaner in die elftal nie.

Klerksdorp word egter verteenwoordig danksy Marnus Labuschagne se teenwoordigheid.

Daar is uiteindelik vier Indiese spelers, drie Australiërs, twee Engelsmanne, ’n Nieu-Seelander en ’n Pakistanse speler gekies.

Volgens die jongste toetsranglys is die Proteas tans die sesde beste span ter wêreld.

Wisden se toetsspan:

  1. Rohit Sharma (Indië): 3 047 lopies teen ’n gemiddeld van 46,87.
  2. Marnus Labuschagne (Australië): 1 885 lopies teen ’n gemiddeld van 60,80.
  3. Joe Root (Engeland): 9 278 lopies teen ’n gemiddeld van 50,15.
  4. Steve Smith (Australië): 7 540 lopies teen ’n gemiddeld van 61,80.
  5. Kane Williamson (Nieu-Seeland): 7 230 lopies teen ’n gemiddeld van 53,95.
  6. Mohammad Rizwan (Pakistan): 914 lopies teen ’n gemiddeld van 41,54.
  7. Ravindra Jadeja (Indië): 227 paaltjies teen ’n gemiddeld van 24,96, terwyl hy ook al 2 145 lopies in sy loopbaan geslaan het.
  8. Ravichandran Ashwin (Indië): 413 paaltjies teen ’n gemiddeld van 24,56.
  9. Pat Cummins (Australië): 164 paaltjies teen ’n gemiddeld van 21,59.
  10. James Anderson (Engeland): 632 paaltjies teen ’n gemiddeld van 26,62.
  11. Jasprit Bumrah (Indië): 101 paaltjies teen ’n gemiddeld van 22,79.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rupert Ashford ·

Kan nie veel se hieroor nie, behalwe dat dit so hartseer is – in ‘n paar kort jare val die Proteas van world beaters tot niks. Die Wisden span lyk goed – kan miskien vrae vra oor die outjie van Pakistan aangesien hy redelik onervare lyk.

Duskolos ·

Ek dink nie ‘benewens’ is die regte woordkeuse hier nie – dit beteken tog ‘behalwe’ en skep die indruk dat Markram, Norté en De Kock wél in die span is. Dalk sal ‘ten spyte van’, ‘ondanks’ of ‘nieteenstaande’ beter werk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.