Gewese Protea blink vir Nederland met kolf

Roelof van der Merwe – 175 lopies. (Foto: KNCB)

ʼn Gewese Protea-krieketspeler het Woensdag en Donderdag 175 lopies vir Nederland in die reeks om die Interkontinentale Beker in Dubai gemoker.

Roelof van der Merwe en Max O’Dowd (126) het 285 lopies om die sesde paaltjie teen Namibië aangeteken.

Nederland het sy eerste beurt op 501 vir agt gesluit verklaar.

Van der Merwe, wat einde Desember 33 word, het op die koop toe Donderdag drie paaltjies vir 50 lopies in Namibië se eerste beurt geneem.

Namibië is almal vir 203 lopies uitgehaal, wat hom met ʼn agterstand van 198 laat.

Van der Merwe het Suid-Afrika in 2009 en 2010 in eendag- en T20-krieket verteenwoordig.

Toe hy besef hy gaan nie weer die nasionale span haal nie, het hy besluit om hom op grond van sy Nederlandse afstamming (ma en ouma) vir dié land beskikbaar te stel.

Hy speel sedert 2015 vir Nederland.

Die openingskolwer Stephan Myburgh, wat op sy dag vir Noordelikes gespeel het, het 20 lopies vir Nederland bygedra.

Nederland is tans derde, ná Afganistan en Ierland, van die agt lande wat aan die reeks deelneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

198 + 201 + 401 en nie 501 nie? So wat is die agterstand klas?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.