Gibbs gaan in Europa afrig

Herschelle Gibbs. Foto: Facebook.

Die man wat gedurende die Wêreldbeker-kriekettoernooi in 2007 ses agtereenvolgende sesse teen Nederland geslaan het, Herschelle Gibbs, sal die afrigter van die Rotterdam Rhinos in die Euro T20 Slam-toernooi wees.

Die Rhinos sal saam met vyf ander spanne deel van die aksie wees wanneer die toernooi laat in Augustusmaand begin. Die wedstryde sal in Ierland, Skotland en Nederland aangebied word.

Gibbs het beslis ervaring as afrigter opgedoen toe hy by Afganistan se T20-liga betrokke was, terwyl hy ook al Koeweit se nasionale span afgerig het.

Die ander franchise-spanne in die toernooi is die Amsterdam Knights, die Edinburgh Rocks, die Glasgow Giants, die Dublin Chiefs en die Belfast Titans.

Dale Steyn, JP Duminy en Imran Tahir sal in die toernooi speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerda ·

Gaan die pas van die T20 nie te woes wees vir die gebreekte ou spelers nie….het ons nie alreeds n les geleer by die CWC2019 wat verby is nie?

Sarel ·

Wstter : pas vir die gebreekte ou spellers,” Die man gaan afrig

Koos ·

Sarel, Steyn gaan speel. Gibbs afrig.
Ek dink net soos Gerda. Geld praat duidelik harder as enige iets anders.
Gibbs, sal jy oorweeg om jou gewig by die Proteas in te gooi. Hulle het alle hulp nodig wat hulle kan kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.