Hansie Cronjé sou vandag 50 word

Hansie Cronje. Argieffoto.

Hansie Cronjé, die man wat Suid-Afrika in 53 toetse en 138 eendagwedstryde aangevoer het, sou vandag sy 50ste verjaardag gevier het.

Die oud-Protea wat deur baie as die land se voorste krieketkaptein bestempel word, is in 2002 in ’n vliegtuigongeluk naby George dood.

Hoewel Cronjé destyds voor die King-kommissie getuig het dat hy onder meer $140 000 van Indiese beroepswedders ontvang het om inlingting oor spankeuses en speeltoestande deur te gee én dat hy lewenslank uit krieket weens sy vermeende betrokkenheid by wedstrydknoeiery geskors is, bly “Hansie” steeds een van Suid-Afrika se gunsteling-spelers.

Gedurende die ondersoek het hy voet by stuk gehou dat hy nooit die uitslag van enige wedstryd beïnvloed het nie.

Die oudleerling van Grey Kollege spog met ’n hoogste telling van 135 (teen Indië) in toetskrieket en dit was veral sy indrukwekkende mokerveeghou teen draaiers wat van hom ’n baie gevaarlike kolwer gemaak het.

Sy medium-/vinnige aflewerings was veral effektief in eendagkrieket en sy 5/32 (ook teen Indië in Kaapstad) het sy waarde as veelsydige speler onderstreep.

Dit was egter in sy vennootskap met wyle Bob Woolmer waar hy naam as ’n avontuurlustige en talentvolle kaptein gemaak het.

Woolmer het destyds gesê dat Cronjé die beste kaptein was saam met wie hy gewerk het.

“Hansie was ’n ware leier en die span sou enigiets vir hom gedoen het. Hy was ’n man wat vir groot dinge bestem was en ek gaan hom ongelooflik mis,” het Woolmer destyds in ’n huldeblyk aan Cricinfo gesê.

  • Cronjé het ’n kolfgemiddeld van 36,41 in toetskrieket en 38,64 in eendagkrieket gehandhaaf.
  • Onder sy leiding het die Proteas net 11 van die 53 Cronjé-toetse verloor, terwyl hulle in 99 van sy 138 eendagwedstryde aan die wenkant was.
  • Woolmer – wat die Proteas van 1994 tot en met die Wêreldbeker-kriekettoernooi in 1999 aangevoer het – is tydens die 2007 Wêreldbeker-toernooi dood in sy hotelkamer in Jamaika aangetref.
  • Die gewilde Engelsman het toe Pakistan afgerig en sy dood was net ’n paar dae nadat die span deur Ierland in die toernooi uitgeskakel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

PJN ·

Ons sal Hansie altyd mis. Hy was die beste ooit en is op so ‘n onregverdige wyse veroordeel. Ek sal die dag toe die nuus bekend gemaak is dat hy omgekom het in ‘n vliegongeluk nooit vergeet nie.

Melanie ·

Hansie se woorde destyds was “The devil made me do it.” Regtig?

Charles ·

So, so lief vir Hansie, ons held!
Dinge sal NOOIT OOIT weer wees soos wat dit was onder die grootse leier nie!
Ons eer jou nalatenskap.
Rus in Vrede.

Hanlie ·

Hansie was die wereld se beste krieketspeler en kaptein. Hy sal altyd onthou word.

RATEL ·

Was en is een van my helde! Ja hyt ons almal teleurgestel en homself. Maar wys my die mens sonder foute. Gibs en baie ander wat lank na dit aanhou speel ook betrokke. Dis hoe mens dit regmaak. En ek was tevrede met sy verskoning. Was n leier 1000

Spike ·

Beste kaptein ooit. Ali Bacher se skuld dat hy uit krieket verban is.

Nico ·

Dink net hoeveel beter kon sy vertonings nie gewees het nie as dit nie vir sy gierigheid en gulsigheid was nie. Dit maak van hom seker due swakste kapteon wat daar was. Hoeveel wedstryde het hy ons nie gekos nie tenspyte van sy bewerings.

Hoe nou? ·

Ek onthou hy was oneerlik en toe hy uitgevang is, rol die trane oor die “fout” wat hy gemaak het.

Nico ·

Dubbelloop hy kon die beste kaptein gewees het as hy net nie so skelm was nie. Hy het Kepler uitgewerk om vroeg oir te neem sodat hy gouer sy eie sakke alle Guptas kan vul. Dit het alles wat hy gedoen het wat toe goed gelyk het afgebreek tot ‘n NUL.

Hoe nou? ·

Sanna en die lojale ondersteuners, mense maak foute ja, dis deel van die lewe. Meeste mense maak níé onderduimse planne vir selfverryking nie. Meeste mense tree níé so oneerlik op en noem dit ‘n “fout” nie.
Ek gooi nou nie ‘n klip na die oorledene nie, maar ek dit hom ook nie op ‘n troon nie.’ n Goeie karakter en sterk waardes tel net meer as ‘n goeie kaptein.

Stefaans ·

Ek onthou ‘n een dag wedstryd hier in Suid Afrika met Hansie as kaptein.
Ons boulers is verniel totdat Nicky Boje begin boul. Geen kolwer kon hom speel nie, paaltjies het geval en die kolwers het gesukkel. Na 6 uitstekende boulbeurte is hy vervang en die kolwers kon weer moeiteloos lopies aanteken. Boje het nie kans gekry om die res van sy 10 beurte te boul nie. My geld en tyd gemors om na n wedstryd wat “gegooi” is te gaan kyk. Nee wat Hansie was ‘n powere kaptein met baie potensiaal.

Swartwolf ·

Storie van eerste klippe gooi is snert en holrug gery. Mense in die publieke oog, veral in leiersposisies moet besef hulle gaan met klippe gegooi word as hul oneties optree hul is veronderstel on ‘n voorbeeld te stel. Maak nie saak hoe wonderlik hy was nie sy optrede verdien die kritiek wat dit kry.

LANDIE ·

Veels geluk met jou 50ste verjaarsdag in die hemel Hansie. Jou vernedering en verbanning uit krieket (‘n spel wat jy ‘n passie voor gehad het) het baie se basse gered, dis verseker. Jy het skuld erken en jou straf gevat, en die res wat betrokke was het net toegekyk. Niks verander die geskiedenis boeke nie Hansie, jy is en was SA se beste kaptein ooit!!! Soveel talent , en so ‘n enorme verlies vir ons krieket.

Andre ·

42 uit 53 toetse en 99 uit 138 eendag wedstryde???dit sé genoeg.

Nico ·

Daardie 42 en 99 moes baie meer gewees het en dit is waar hy die toets gedruip het.

Christiaan ·

Ruben, onthou net: Hierdie man het die pakslae gevat vir menigde spelers wat ook betrokke was. Hansie was en sal altyd ‘n held vir SA krieketspelers wees.

Hy was man genoeg om uit te kom met die waarheid en ek waardeer dit. Ek het die grootste respek vir Hansie!

Amalia ·

Ek het die voorreg gehad om Hansie te ontmoet wat ‘n Amazing mens hy was nog altyd net ‘n Gentleman. Rus sag in Jesus se Hande Hansie. Jy sal altyd gemis word

Karlahari ·

En dis waar ek ophou krieket kyk het. Nog so nou en dan gekyk toe Shaun Pollock kaotein was.
Maar toe daai arrogante Graham Smith kaptein word…..
Praat van games gooi…..hoeveel keer as n bouler op dreef was het hy hom vervang. Of verkeerde besluit gemaak as ons die loot wen
Hansie. Jy was baie van ons se hero.
Al was jou voete van klei het jy die punch vir al die ander SA spelers gevat war betrokke is.
Wonder of Shane Warne ooit vir jou dankie gesê het….

Hoe nou? ·

Dis so mooi hoe vergewensgesind baie van die kommentators bo is. Net ‘n mens, almal maak foute, gentleman, ens.
Voldoen Zuma dan nie ook aan die kriteria nie? Vra maar net. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.