Hashim Amla tree uit internasionale krieket

Hashim Amla (Foto GB Jordaan)

Die Protea-kolwer Hashim Amla het Donderdag sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

Amla sluit sy internasionale loopbaan van 15 jaar af as Suid-Afrika se tweede hoogste lopiemaker in toetskrieket, kort op die hakke van Jacques Kallis. Hy is ook die derde hoogste lopiemaker in eendagkrieket net ná Kallis en AB de Villiers.

Amla is die enigste Suid-Afrikaner wat 300 in toetskrieket behaal het en het in sy loopbaan sy hoogste tellings teen Engeland, Indië en die Wes-Indiese Eilande aangeteken.

“Ek het baie lesse geleer op hierdie ongelooflike rit, het baie vriende gemaak en die belangrikste: Ek het in die liefde van ʼn broederskap gedeel,” het Amla in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hein Gerber ·

Daar is nie eintlik punte in krieket nie. Hoe op aarde kan julle hierdie berig plaas?

Nico ·

Wel het hy toe tot sy sinne gekom. Jamner soos Dale het ook hy sowat 3 jaar te lank gespeel en so ‘n baie goeie loopbaan kolf gemiddeld seer te maak met sy selfsugtigheid. Tot voir sowat 3 jaar gelede was hy tops.

Jan ·

Kan nie onthou wanneer laas hy ‘n wedstryd vir ons gewen het nie. Lankal tyd om te gaan.

kolla ·

Tweede hoogste SA lopie maker van alle tye maar ons kry snedige aanmerkings hier op Maroela. Thanks for everything you have done for SA and SA cricket Hashim. You are a star and respected the world over.

Hennie ·

Hein,Jan em Nico. Laat weet my asb van julle stats in internasionale sport, Amla is een van die top spelers in wereld en dit was n eer en vooreg om hom te sien speel. Alle sterkte en voorspoed Hasim you will be missed.

Hein Gerber ·

Ag Hennie, asb kom by. My kommentaar was gemik op die oorspronklike berig wat verwys het na “tweede hoogste puntemaker in toetskrieket”. Die bewoording is verander na my kommentaar. Of glo jy ook dat ‘n kolwer punte aanteken in krieket?

Poot ·

Hy het donderdag uitgetree?! So wanneer maak hy weer ‘n “comeback”? Dis mos hoe dinge deesdae gedoen word.

Helene ·

Dankie Hashim. Dit was ‘n voorreg om jou in aksie te sien. Voorwaar ‘n “gentleman” op die veld.

Herman Goosen ·

‘n Jammerte dat hy kon self besluit. My mening is dat hy twee jaar gelede nie meer moes gekies gewees het nie

Muffin ·

Van julle is net n klomp kla kouse. Amla het verseker sy kant gebring. Heelwat games laat wen en n goeie klompie lopies en of punte aan geteken. Geen verskil almal verstaan.

Frans C ·

Die moeilikste besluit vir enige sportman is seker wanneer om uit te tree.Dat Amla een van die beste was kan nie teen gestry word nie.Tog het hy mi sy reputasie skade gedoen die laaste twee jaar en sy mislukking by die krieket wêreldbeker waar hy talle kere misluk het.

Moes dalk vroeër uitgetree het en nuwe talent ‘n kans gegee het om te ontwikkel in sy posisie.

kolla ·

Sy kolfgemiddelde by die wereldbeker was 29, twyfel of dit veel swakker as die ander kolwers (behalwe Faf) was.

Poot ·

Kolla dis vir my mindblowing om jou statistieke te sien. Man ek moet sê jy ken jou sport…. veral jou “stats” oor die weepee.

Lol ·

‘n Speler kies nie homself vir die span nie. Nie Amla se skuld dat volgende generasie talent nie goed genoeg was om hom uit span te forseer.

john langenhoven ·

Amla dit was u voorreg om jou op die speelveld te sien. veral met die kolf en in die glippe.Dankie vir jou diens en menslikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.