Ierse kaptein slaan 100-tal teen Proteas

Andy Balbirnie. Foto: Mike Hewitt/AFP.

Die Protea-boulers het weliswaar goed in die afgelope reeks teen die Wes-Indiese Eilande gevaar, maar hulle het vandag effens die wind van voor in ’n koue Dublin teen Ierland gekry.

Die tuisspan het 290/5 in hul toegelate 50 boulbeurte aangeteken en veral hul kaptein – Andy Balbirnie – het amok onder die Protea-boulers gemaak.

Die Ierse kaptein het 102 lopies van 117 aflewerings geslaan en sy beurt het tien viere en twee sesse ingesluit. Hy is goed deur Harry Tector (79 van 68 balle) en George Dockrell (45 van 23 balle) bygestaan en hulle het 95 lopies van die laaste tien boulbeurte gemoker.

In Kagiso Rabada, Anrich Nortjé, Keshav Maharaj, Tabraiz Shamsi en Andile Phehlukwayo het Temba Bavuma net vyf boulers gehad om vanuit te kies. ’n Vreemde spankeuse want as een van daardie boulers sukkel, is daar niemand anders om uit te help nie.

Soos die noodlot dit wou hê, het Rabada (1/58) en Nortjé (0/64) vandag gesukkel, terwyl Phehlukwayo (2/73) oudergewoonte te veel lopies afgestaan het. Shamsi (1/42) en Maharaj (1/50) moes dus hul bes gedoen om die Iere in toom te hou.

Dan het die Proteas ook in die veld gesukkel: Aiden Markram en David Miller het vroeg in die wedstryd ’n paar vangskote verbrou.

Om 291 lopies vir ’n oorwinning aan te teken is g’n maklike taak nie – veral sonder Quinton de Kock wat ’n welverdiende blaaskans geniet.

Janneman Malan het egter goed begin en hy het spoedig twee grenshoue in sy beurt geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

piet ·

Ek sien Australie het hul eerste drie T20-wedstryde teen die Windies verloor (en seker die reeks ook). Ons het hulle geklop.

Andrew ·

Teen die Wes Indies was dit T20 en een teen Ierland was n 50 over , mooi man.

1 England 15 9 5 0 1 95 +0.838
2 Bangladesh 9 5 4 0 0 50 +0.013
3 Australia 6 4 2 0 0 40 +0.347 –
4 Pakistan 9 4 5 0 0 40 -0.236
5 Ireland 11 3 7 0 1 35 -0.463 –
6 New Zealand 3 3 0 0 0 30 +2.352 –
7 Afghanistan 3 3 0 0 0 30 +0.527 –
8 West Indies 6 3 3 0 0 30 -0.876 –
9 India 6 3 3 0 0 29 -0.252 1
10 Netherlands 3 2 1 0 0 20 -0.049
11 South Africa 5 1 3 0 1 14 -0.275 1

Andre ·

SA Krieket buig darem die knie nou baie en ek dink nie dit is knie probleme nie !

Dirk Mostert ·

Genadiglik is elke bouler beperk tot net 10 beurte. Dan was daar die kapteinsbeurt van 10 lopies/20 balle.

tweeling ·

Julle het pas 5 T20 wedstryde gespeel en nou skielik ‘n 50 boulbeurt wedstryd. Baie swak van die bestuur. Ek dog daar is ‘n T20 WB toernooi iewers in die jaar in die AE.

MAGRIETHA ·

Kies n slag die beste span en hou by hulle tot wereld beker , ek se weer miller , bavuma is hul werklik nog wereld gehalte die span kan nie sonder de kok nie hy n yster , kyk weer na ons boulers en bouling afrigter is die afrigter di regte een ons boulers sukkel te lank te veel onbestendig behalwe ons draaiers se weer kies die sterkste span en bly by die span

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.