Indië se krieketspan stoomroller voort

Argieffoto

Met die eendagreeks agter die blad het Suid-Afrika en Indië Sondag swaarde gekruis in hul eerste T20-wedstryd tussen die twee lande. AB de Villers is weggelaat weens ʼn kniebesering. Twee nuwe spelers, Heinrich Klaasen en Junior Dala, het hul debuut vir die Proteas gemaak. Vir Indië het Manish Pandey sy eerste wedstryd van die toer gespeel terwyl Suresh Raina vir die eerste keer sedert Februarie 2017 terug was in die span.

Die Indiese krieketspan het weer met groot gemak die lopies opgestapel en hul grootste totaal nóg in ʼn T20-wedstryd teen Suid-Afrika aangeteken (203/5).

Kaptein JP Duminy het die loot gewen en Indië gevra om te kolf. Meer as tien lopies per boulbeurt het van die kolwe van die Indiese spelers gevloei. Die meeste lopies is bygedra deur Shikar Dhawan wat 72 van net 39 balle gemoker het (2 sesse en 10 viere).

Die Proteas het minstens drie maklike vangskote verbrou. Die boulers het geensins druk op Indië geplaas nie. Om die waarheid te sê, hulle het geboul sonder enige plan en het nege wydlopers ingeryg. Byna 80% van die aflewerings van Suid-Afrika was te kort geplant wat uitgeloop het op talle grenshoue.

Die Proteas het gereeld paaltjies verloor terwyl die Indiese boulers op hul beurt hul aanval baie goed afgewissel het met vinnige asook stadiger aflewerings. Reeza Hendricks het 70 lopies van 50 balle gemoker, maar helaas was dit nie genoeg nie. Suid-Afrika kon net antwoord met 175 lopies vir die verlies van 9 paaltjies. Dus, ʼn oorwinning van 28 lopies aan Indië.

Indië loop met 1-0 voor in die reeks van drie wedstryde met die tweede kragmeting wat Woensdag om 18:00 in Centurion beslis word.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

bj smit ·

ek dink die afrigter moet gepos word hulle het nog nooit so swak gespeel nie

MJL ·

Is die huidige afrigtingspan regtig die beste wat ons het?
Ottis Gibson – Regtig?
Malibongwe Makweta – Regtig?
Dale Benkenstein – Regtig?
Justin Ontong – Regtig? Regtig?

MANIE ·

Ek dink nie enige afrigter sal beter doen, want dit is nie waar die fout le. Die sportbeleid van die rasis gedrewe regering moet die skuld kry. n goeie speler sal altyd presteer sonder die beste aftigter. Dit is nie net krieket wat in die moeilikheid is maar so menige sportsoorte.

Gerbrandt ·

Boulers leer nie met kort balle nie.hulle gee lopies op skinkbord aan indie.lyn en lengte.ons kort n boul afrigter!!!!!!!!

Cjan ·

Politiek is die probleem in krieket, rugby, netbal, noem maar op.
Gary Kirsten het onlangs gesê die franchises het nie goeie kolfafrigters nie.
Die boulers moet soms die haas uit die hoed uithaal om lopies op die bord te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.