IPL: Rekordbedrag vir SA’ner betaal

Chris Morris het rede om te glimlag. FotoL Paul Ellis/AFP.

Suid-Afrika se Chris Morris het die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premierliga geword met die Rajasthan Royals wat $2,25 miljoen (meer as R30 miljoen) betaal het om sy dienste te bekom.

Die Suid-Afrikaner was ’n gewilde kopie – die Royal Challengers Bangalore, die Mumbai Indians en Punjab Kings het ook in hom belang gestel.

Volgens AFP het hierdie betaalstryd gesorg dat hy ’n duurder kopie as Yuvraj Sing ($2,2 miljoen in 2015) en Pat Cummins ($2,17 miljoen) in 2020 geword het.

Die 33-jarige veelsydige speler het al vantevore vir die Royals gespeel, terwyl hy ook vir die Chennai Super Kings en die Delhi Capitals in aksie was. Vir Suid-Afrika het hy 34 paaltjies in 23 internasionale T20-wedstryde geneem, terwyl hy 133 lopies teen ’n treftempo van meer as 130 geslaan het.

Hy was een van die min sterre in die Proteas se rampspoedige Wêreldbeker-veldtog in Engeland. Hy het 13 paaltjies teen ’n gemiddeld van 26,23 in dié toernooi geneem.

Morris is deesdae saam met spelers soos Imran Tahir en Dale Steyn nie meer deel van die nasionale opset nie. Tog het Graeme Smith, Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, al vantevore gesê dat hulle steeds in aanmerking vir die komende T20-Wêreldbeker in Indië kan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Die Wolf ·

As ek in sy skoene was het ek vir GS n pak toffies gekoop en hom sterkte toegewens.

Anti-Verkramp ·

Maggies wat kan mens se behalwe om vir Morris geluk te wens. Ek is jaloers, baie. Moet se ek is bietjie verras, daar is beter veelsydige spelers in die wereld, bv. Stoakes van Engeland.

Anti-Verkramp ·

So wat daarvan.? Hy’s steeds ‘n uitstekende speler en beter as Morris.

Anti-Verkramp ·

Het al BAIE geleenthede gehad. Op-en-af speler. Kan baie goed wees maar ook baie swak. Inkonsekwent. Ons soek al geruime tyd na die volgende Kallis. Moet se die Mulder outjie toon belofte. Kallis is egter uniek, sal waarskynlik nie weer in ons leeftyd daai kwalitieit sien nie.

Racheltjie Debeer ·

Baie geluk aan Morris, maar daar is soveel armmoede in Indië en die res van die wêreld, dat daardie geld beter aangewend kon word. Dis eintlik belaglik hoeveel geld sportsmense verdien, veral in lande soos Indië waar die groter meerderheid krepeer in armmoede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.