Kagiso se rug lyk reg

Kagiso Rabada. Foto: Cricinfo.

Dit lyk asof Kagiso Rabada Suid-Afrika se boulaanval in Engeland sal lei.

Die jong snelbouler is vroeër deur Krieket Suid-Afrika uit die Indiese Premierliga onttrek toe hy las van ’n seer rug gehad het. Rabada het in daardie stadium die meeste paaltjies in die toernooi geneem.

Hy het egter die naweek op Instagram laat hoor dat hy “goed” voel en dat sy IPL-onttrekking bloot ’n voorsorgmaatreël was.

Die Proteas se bestuur behoort môre verslag oor Dale Steyn, Lungi Ngidi en Anrich Nortjé se beserings te doen.

Daar is veral ’n sluier van geheimhouding oor Steyn se besering en KSA het reeds gesê dat ’n “Plan B” gereed is indien die 35-jarige snelbouler nie betyds herstel nie.

Chris Morris is een van die gunstelinge om moontlik in Steyn se plek te speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.