Kallis deel van die Protea-opset

Jacques Kallis gaan help om die Protea-kolwers te slyp. Foto: Twitter.

Waarskynlik die beste krieketspeler wat Suid-Afrika nóg opgelewer het, Jacques Kallis, is vandag as die Proteas se kolfwerk-raadgewer vir die res van die somer aangewys.

Die 44-jarige Kallis het vanoggend by die span se oefenkamp in Pretoria aangesluit.

Krieket Suid-Afrika se nuwe tydelike direkteur van krieket, Graeme Smith, het die land se krieketbootjie weer op koers begin kry toe hy vir Mark Boucher as die Proteas se hoofafrigter aangestel het. Nou is Kalllis ook deel van die nasionale opset.

Dié driemanskap was saam met AB de Villiers, Hashim Amla en Dale Steyn die rede vir Suid-Afrika se sukses op die toetsverhoog so ’n paar jaar gelede.

Kallis spog met meer as 500 internasionale wedstryde vir die Proteas waarin hy 25 534 lopies aangeteken het en 577 paaltjies laat spat het.

Hy het sy laaste internasionale wedstryd in 2013 gespeel nadat hy 62 honderdtalle – 45 in toetse en 17 in eendagwedstryde – vir die Proteas geslaan het.

Dan het Charl Langeveldt as Bangladesj se boulafrigter bedank om weer die Proteas se boulghoeroe te word.

Die voormalige tronkbewaarder sal altyd onthou word vir sy briljante driekuns teen die Wes-Indiese Eilande om ’n wedstryd in die doodsnikke vir die Proteas te beklink.

  • Die eerste toets teen Engeland begin op 26 Desember.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hanlie ·

En skielik sien ek weer lig in daardie donker tonnel. Well done Graham.

Dirk ·

Ons is almal verlig oor die keuses.Die vraag is net,wanneer gaan die ander klomp begin toy toy oor dit te wit is..Maar net my vragie..

Wepner Viljoen ·

Dit kan net nie werk nie, dit is heeltemal teen die grein van die ANC dat soveel wit mense, en dit nogal in top en prominente poste betrek word, iets gaan meegee, dit kan net nie hou nie. Kom ons kyk wat gebeur in die nuwe jaar.

Dubbelloop ·

Ek is baie bly oor Kallis. Watch nou, nou gaan goeie talentvolle spelers baie baat vind by Kallis as kolf afrigter. Ek is nie rêrig oortuig oor Langeveld as boul afrigter nie. Hy was al daar en ek glo nie hy kon veel uitrig nie, maar die ouens aan stuur glo ek weet beter.

Koos B ·

Ek hoop ek is verkeerd maar die manne is maar bietjie bleek.Ek dink dit is net ‘n kwessie van tyd voor die politiek weer intree en nog ‘n groot pos geskep word om te keer die bleek bestuur raak nie “top-heavy”nie.

koos ·

Al wie nog kort is Allan, Pat, Zulu, Kirsten en Pollock dan gaan daar lekker reunie gehou word!
Hulle gaan nie eers 1 jaar gegun word nie en dan gepos word. LOL se kommentaar mag tong in die kies wees, maar dis die waarheid.

André André ·

Dan kan hulle maar net sowel die Protea trui aantrek, hulle sal beter vaar as die ‘sad’ spul van deesdae. Maar is daar nie een speler kort nie? En die twaalfde man?

koos ·

Andrè, hoe klink Ntini as blouler en miskien Francios Pienaar as twaalfde man (hy kom tenmiste goed met die media oor die weg)?????

André André ·

100 oor Ntini, ek stem, jou 12 de man het my amper die rekenaar se muis laat insluk, maar jou rede het my kalmeer.

Frank ·

Man, laat ons nou nie vir Rassie uitlos nie…. Al is dit nou om met hulle koppe te smokkel

Hein ·

Iets is besig om te gebeur eers Rassie Erasmus met die rugby toe besluit Eskom hulle gaan dit ook probeer en nou die krieket. Niks kan ondervinding koop nie dis maar net hoe dit is. Kom ons hoop net dit hou! Nou sal ek hopenlik weer kan begin kyk.

André André ·

En die volgende is ‘n wit president vir die land, wit het skielik die gonswoord geraak!

André André ·

Mens kan net probeer, terwyl hulle/die ANC regering en Cyril so gaande was oor die blootstelling was Rassie hulle besorg het, dalk het dit hulle so dors na nog blootstelling gemaak dat hulle van ras en kwotas vergeet het.

Hein ·

Koos ek stem saam baie hang af van Graeme af as hy gaan ingee gaan als ingee wel dit begin eintlik by Jacque Faul kom ons hoop maar hy staan sy man teen die raad. Intussen voel ek jammer vir die Titans

Arno Scheepers ·

Dit is een formidabele afrigtingsspan, maar het ons die spelers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.