Kaptein en kommentator twiet oor De Kock

Engeland se Michael Vaughan. Foto: AFP Photo/Phillip Brown.

Michael Vaughan, die voormalige Engelse krieketkaptein, meen dat spelers die vryheid gegun moet word om vir hulself te besluit of hulle by ’n spesifieke beweging betrokke wil raak of nie.

Vaughan het Engeland in 51 toetse aangevoer en hy was aan die stuur van sake toe hulle op ’n briljante wyse met Australië in die As-reeks van 2005 afgereken het. Deesdae is hy ’n kommentator terwyl hy ook gereeld vir die Britse media skryf.

“’n Krieketraad kan vir sy spelers vra om [by ’n beweging] betrokke te raak, maar as ’n speler besluit om dit nie te doen nie, moet dit hom nie daarvan weerhou om ’n krieketwedstryd te speel nie,” het hy getwiet.

Vaughan se kommentaar is in reaksie op Krieket Suid-Afrika se opdrag dat Protea-krieketspelers die knie vóór die aanvang van hul oorblywende T20-Wêreldbekerwedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate moet buig.

Quinton de Kock (11 Junie 2021) (Foto: Randy Brooks/AFP)

Quinton de Kock, talentgewys Suid-Afrika se beste kolwer, het hom egter kort ná die aankondiging aan die Proteas se tweede groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande onttrek.

Die ster-speler het weliswaar nog nie self die redes vir sy afwesigheid verskaf nie, maar dit verg nie veel om tussen die re te lees nie.

Volgens Harsha Bhogle, ’n gerespekteerde Indiese kommentator en joernalis, is die De Kock-sage nog lank nie verby nie.

“Ek is bevrees dit is nie die laaste wat ons van die De Kock-aangeleentheid sal hoor nie. Dit sal my nie verbaas as ons hom nie weer in Protea-kleure sien nie,” het Bhogle getwiet.

Ander sosialemediagebruikers – veral uit Indië – het die Suid-Afrikaanse paaltjiewagter ook ondersteun.

“Quinton de Kock het meer moed as die hele Indië-span,” het een gebruiker getwiet.

Indië het in hul groepwedstryd teen Pakistan – ’n wedstryd wat hulle met tien paaltjies verloor het – die knie gebuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

AW ·

Die Waarheid is, Dat sulke “dinge” al hoe meer sal gebeur in SA, en dit is dan waar ons sal sien Wie het Karakter en Moed !!

Wakkerslaper ·

So pas gesien die twee gesig de kock het om verskoning gevra en gaan nou saam die knie buig!!!!! Wat ‘n pateet!

gpsa ·

Wens regtig dat meer van ons spelers by Quinton sal aansluit.
Kan nie dink dat so iets op iemand af geforseer kan word nie.

Sarel ·

Bedtuur is die oorsask van verdeling en
Rassisme binne sport

Dries ·

Tyd vir SA krieket om soos mis voor die son te verdwyn,, rasbehep,, staar hulle vas in rassime. Het nie die breins om met iets konkreet vorendag te kom nie. Tipies kommunis gesinde besluitneming. Hulle sal aanhou tot die ganse SA van die anc cancer afhangklik sal wees. Mag SA krieket n stille dood sterf. Ek sal julle beslis nooit ooit weer ondersteun nie,, VAARWEL,,

Andre ·

Waar emosies nou gaan oorloop moet ons kyk na waar dit vandaan kom. Eerstens was die knie buig in simpatie met Black Lives Matter. Natuurlik sal die vraag opkom in SA “ wat van die boere op plase en bruin mense op die Kaapse Vlakte wat in massas uitgewis is oor dekades.Dus waarom nie alle lewens as belangerik ag nie. Waarom kan SA nie soos sy buurman Namibië vorentoe beweeg nie; dus is asof daar soveel genot geput uit kon flik situasies. Kommitees wat nou aangestel is om onder andere te kyk na spankeuses van ‘n dekade terug. Dit lyk of krieket nou anders gespeel gaan word as by ander lande

Anoniem ·

Maak so AB Quinton en speel in T20 toernooie en vir spanne van jou keuse waar jy in elk geval meer geld gaan maak as om deur KSA voorgesê te word oor wat om te doen.

Johan ·

Wat ‘n skreiende skande, Dit was die einste SAKR wat Ngidi geluk gewens het met die wen van CSK In die IPL. Ngidi het nie een wedstryd gespeel nie terwyl Faf Du Plessis die speler van die wedstryd was in die finaal en die nr. 2 speler van die toernooi was op die aantal lopies aangeteken . Hy was nie eens genoem nie. Die klomp rassiste in KSA het ons land en al die spelers beledig en moet vervang word. Quintin is die enigste een met ruggraat. Jy sal niks mis as jy nie vir die SA span verder gaan speel nie. Moet nie jou talente hier mors nie. Daar is talle spelers wat in die buiteland speel en sakke vol geld verdien en dit boonop geniet sonder om gat te kruip soos die res

Porseleintjie ·

Wil jy weet of iets verkeerd is, kyk of die massa dit navolg. Ons moenie aan hierdie wereld gelykvormig word nie. Staan vir jou geloof.

Dirk Mostert ·

Het nou net die einde van die Engeland-Bangladesh wedstryd gesien (beide kruipers ekskuus knielers). Wat wel mooi is is die goeie gees. Na die wedstryd het spelers lekker gesels met hul opponente. Dit was altyd vir my mooi as Jean de Villiers na ‘n “bone crunching”-wedstryd teen die All Blacks hand op die skouer met sy opponente verkeer. Na werk kan daar ontspan word.

Francois ·

Met al die politiek, swartsmeerdery, apartheid en Jannie jammergatgheid wat in sport ingekruip het en die spanne wat speel wat nie meer altyd die beste spanne is nie, dink ek die “Groen en Goud” wat jy oor jou kop trek het jare lank nie naastenby die status wat dit pre-1990 gehad het nie. Quinton – jy is jonk. Niemand in die SA sportkringe gaan vir jou sorg op jou oudag nie. Gaan verdien jou geld in ander lande en spanne terwyl jy dit daar kan geniet wat jy doen sonder n teiken op jou rug. Ek gun jou dit!

Robert ·

Buig voor BLM??? Wat van plaasmoorde en wittes wat uitgemoor word net omdat hulle wit is, maar BLM????? Saluut vir Quinton!!!!

Charl ·

Dankie Michael Vaughan ! Tot oorsese spelers (en lande) stem met Quinton saam ! Julle hansworse met julle sedige gevrete, jy kan nie jou ras ideologie in ander se keelgate afdwing net omdat jou vel swart is en myne wit. Ek buig vir g’n mens op hierdie aarde my knie, net gatkruipers doen dit !!

Wakkerslaper ·

Al die hoop en trots was verniet…. de kock gaan om verskoning vra en sy ou knie buig vir ‘n misdadiger! Wat ‘n twee gesig pateet!

Wakkerslaper ·

De kock, jou verraaier! Eers staan jy kamtig toe die res knieë buig, toe jy gedwing word om jou knie te buig toe “ontrek” jy…. Maar nou gaan kruip jy g@t en gaan nou saam met die links-liberale lot jou knie buig…. En dit vir ‘n belaglike saak?! Pateties man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.