Kevin Pietersen het ’n oplossing vir SA Krieket

Kevin Pietersen. Foto: Cricinfo.

Die voormalige Engelse krieketster, Kevin Pietersen, het met ’n oplossing vir Suid-Afrikaanse krieket vorendag gekom nadat die Proteas gisteraand so te sê uitgeskakel is in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi.

Pietersen, wat in Suid-Afrika gebore is en aan Maritzburg College gematrikuleer het, het as tiener groener weivelde in Engeland gaan soek en een van dié land se bestes nóg geword.

Hy het egter ’n sagte plek in sy hart vir sy geboorteland en het met ’n strategie van sy eie vorendag gekom om die Proteas weer reg te ruk.

Die 38-jarige sterkolwer het op sy Instagram-rekening ’n foto van oudpres. Nelson Mandela en Francois Pienaar tydens die 1995 Wêreldbeker-rugbytoernooi geplaas.

“Dít is wat sport aan Suid-Afrikaners doen: Dit verenig ’n nasie,” het Pietersen langs die foto geskryf.

“Verandering is nodig en dit is tyd dat die administrateurs die helde van gister deel maak van die stelsel.

Hy het bygevoeg dat jong kinders in ’n perfekte wêreld deur individue afgerig en bestuur word na wie hulle opsien. Hy het van oudspelers soos Graeme Smith, Shaun Pollock, Jonty Rhodes, Lance Klusener gepraat en ook ander wat deel van die nasionale opset moet word.

“En goeiste, moet asseblief nie vir (AB) De Villiers weggooi nie. Die jong spelers is mal oor hom.”

“Ego’s moet opsy geskuif word en die vereniging van ’n nasie moet die hoofprioriteit word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

kobus ·

Drasties weet jy nie wat aangaan in SA nie.jy is Eng toe vir die selfde rede.niks het verander nie.net slegter geraak.Kev

Joes ·

Hy weet meer van CSA as meeste in SA, hys gedurig ingesprek met hul.

Erika ·

Ons het die beste sportmense in SA wat wereldbekers kan wen as politiek nie inmeng nie!
In SA moet die bestes gekies word ongeag die kleur! Maar die regering sal liewers laaste kom in die wereld om iets te bewys!!!

Ai. ·

Sorry i beg to differ ..The most talented coaches and players have been chased overseas…You are currently sitting with the scraps and it shows!!!

Richie ·

Die probleem in SA is dat die “administrateurs” dink hul is groter as die sport en verder is hul politici gewillig.

Gemaskerde Sopbeen ·

In Hansie se dae is die Proteas ten minste BETAAL om te verloor…………Nou doen is dit sommer net vir mahala….??

Andreas ·

En vanaand is Cyril voor die penne. Sien die prentjie en Waqar Younis kom van die anderkant ingedraf….

George in Bloem ·

Great plan sir. Wonder wat sal Zinzi,Andile,Julius ens daarvan dink?

Francois Joubert ·

Lees julle almal die berig deur tot NA die laaste sin? Dit wil voorkom of kommentaar gelewer word so halfpad deur waar dit begin krap. Lees weer die laaste sin. Dit is ons probleem, van regering, af na KSA, af en af en af. Almal is te belangrik.

Robert ·

Is waar. Maar almal wat jy genoem het is wit. Vir die nuwe SA sal dit nie werk nie.

Perels ·

Die Saffa se alewige “dis politiek” wat van De Kock, Miller, Faf, Markram wat nie perform nie?? Markram word jaar na jaar kans gegee, en jaar na jaar bewys hy oor en oor dat hy nie internationale krieket kan speel nie.

Spike ·

Kevin jou plan is reg, maar in 3de werêlds sa word als deur die comrades en kaders opgevoeter. Solank hulle als wil beheer is daar nie hoop nie.

Liza ·

Dit is so ‘n hartseer dag… het elke game gekyk, lyk asof daar geen begeerte of lus was by die spelers om te wen nie… Ek dink Mickey Arthur lag sy gat af…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.