Klusener gaan saam met Proteas na Indië

Lance Klusener. Foto: Cricinfo.

In 1999 was Lance Klusener een van die verwoestendste spelers ter wêreld. Tydens daardie jaar se Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland het hy 281 lopies teen ’n gemiddeld van 140 geslaan, terwyl hy ook 17 paaltjies laat spat het.

Die 48-jarige Klusener het daarna die KwaZulu-Natalse Dolphins en Zimbabwe afgerig, terwyl hy ook onlangs aan die stuur van die Brampton Wolves in die Kanadese T20-liga was.

Nou is “Zulu” deur Enoch Nkwe nadergetrek om die Protea-kolwers vir die komende Indiese T20-reeks van hulp te wees.

Klusener sal egter net by die mik-en-moker-reeks betrokke wees en daar sal na nóg ’n spesialis-kolfafrigter vir die toetsreeks gesoek word.

Vincent Barnes (boulwerk) en Justin Ontong (veldwerk) is die ander hulpafrigters.

Ontong is vroeër saam met Ottis Gibson, Dale Benkenstein en Kie. in die pad gesteek ná die rampspoedige Wêreldbeker-toernooi in Engeland.

Tog sê Corrie van Zyl, Suid-Afrika se tydelike direkteur van krieket, dat Ontong ’n goeie verhouding met die spelers het en dat hy ’n spesialis-veldwerkafrigter is.

  • Klusener was al vantevore deel van die Protea-afrigteropset.
  • Hy het een van die beste boulsyfers ooit deur ’n toetsdebutant, toe hy in 1996 met syfers van 8/64 teen Indië gespog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jack Russl ·

Goed dat hy hulle gaan bystaan met die kolfwerk, solank hy hulle nie wil leer om ‘n vinnige enkel lopie te vat nie

Nico ·

From bad to worse. Gaan hy KSA ook hof toe vat wanneer hulke hom wegjaag vir onbevoegdheid soos hu met die Dolphins gemaak het?

Heinrich ·

Klusener is heel ok hy moet net nie vir hulle leer hoe om tussen die paaltjies te hardloop nie. Hoekom hulle weer vir Ontong gaan staan en aanstel gaan my verstand te bowe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.