Kolfwerk-ineenstorting kelder Proteas wéér

Hasan Ali het vyf paaltjies in die Proteas se tweede beurt geneem. Foto: Aamir Qureshi/AFP.

Van 241/3 tot 274/10.

Dít is die hartseerverhaal van nóg ’n Proteakolfwerk-ineenstorting. Sodoende het Quinton de Kock se span die laaste toets teen Pakistan met 95 lopies verloor om die reeks met 2 – 0 vir die tuisspan op ’n skinkbord te gee.

En waar Pakistan se draaiers gereeld vir nagmerries sorg, het die snelbouler-duo van Hasan Ali (5/60) en Shaheen Afridi (4/51) nege paaltjies tussen hulle geneem.

Aiden Markram (108) en ’n dapper Temba Bavuma (61) het vanoggend die Protea-skip na rustige waters met ’n spogvennootskap van 106 lopies gestuur.

Veral Markram het goed gelyk. Hy het die draaiers aangevat en ’n paar pragdryfhoue van die snelboulers se boulwerk geslaan.

Maar hy het kort ná middagete konsentrasie verloor en ’n aflewering van Ali na die glippe gestuur. Quinton de Kock is met die daaropvolgende bal uitgehaal en die skrif was aan die muur vir die Proteas.

Tog verdien Markram lof vir die wyse waarop hy gespeel het.

Hy het sy eerste toetshonderdtal in drie jaar geslaan en hy het die meeste lopies in die reeks aangeteken. In moeilike omstandighede het die veldtog om Aiden Markram die volgende toetskaptein te maak ongetwyfeld ’n hupstoot gekry.

De Kock en Du Plessis het egter ’n nagmerrie-reeks agter die blad.

Suid-Afrika se tydelike toetskaptein het die reeks met ’n gemiddeld van 11,50 afgesluit, terwyl Du Plessis sy 55 lopies teen ’n gemiddeld van 13,75 geslaan het.

Dit is duidelik dat die rol van toetskaptein nie vir De Kock lekker is nie en ’n mens mis die dae waar hy met vryheid en flair gekolf het.

Dan het die Proteas se veldwerk kwaai afgesteek. Vangskote is gereeld verbrou en hulle het pleinweg slordig gelyk.

Aan die boulfront het dinge darem beter gelyk – al het dit op die ou einde nie veel gehelp nie. Keshav Maharaj, Anrich Nortjé en George Linde het hope veggees gewys.

Dit is Pakistan se eerste reeksoorwinning teen die Proteas sedert 2003.

Ai tog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Vrijburger ·

Mmmm en daal nog ‘n plek op die wereldranglys na # 6!

Anti-Verkramp ·

Ek dink Faf moet maar ophou, hart is nie meer in die spel nie. Genade, so ‘n gesoute speler en kyk hoe lyk dit. Swak man. Maak Bavuma kaptein. Ons het mos nou al gesien hoe goed doen SA spanne onder swart kapteins soos Kolisi. Markram kry net baie lopies once in a blue moon, sukkel maar gewonlik hier by die 20’s/30’s rond . De Kock ook ‘n ramp, seker die kolwer met die meeste talent maar watwou. Oor die algemeen – kies spelers wat wil speel en honger is. Kan nie veel slegter as sommige van die huidige klomp wees nie.

Die Wolf ·

Ek kry die indruk dat jou kennis van die spel is bykans niks. klink vir my dat jy net skoor soek met jou kommentaar.

Chrisp ·

Stem saam Anti ek sou egter die hele span swart maak(miskien een wittetjie vir kleur) dan kan jy die wit “amps” blameer. Doen dit ook met die Protea rugby span eintlik alle spansporte in Azania .
Spansport in hierdie land is ‘n klug selfs van Laerskoolvlak af daarom ondersteun al minder mense die lot. By alle spansporte is kwotas die maatstaf wat begin by Laerskoolvlak waar ons baie talent verloor.

Anti-Verkramp ·

8 wit spelers in hierdie span gewees. Kan definitief nie die paar (3) anderskleuriges in die span blameer vir hierdie treurmare nie inteendeel definitief te veel wit spelers as mens na die resultate kyk. Afrigter is ook wit. Sies man, skande soos hulle speel.

RomeoTangoGolf ·

Speel hulle? Nie eers geweet nie. Ek hoor daar is rugby ook gespeel, kan jy nou meer.

Frans ·

Die kapteinskap is te veel vir De Kock en die nodige kolfdissipline bestaan by hom en ander nie.Dit is opmerklik dat die Engelse met Jacques Kallis as kolfafrigter groot tellings aanteken maar nie goed genoeg was om deel van die Proteaspan te wees nie.
Dankie tog die Aussies kom nie meer nie .

Jakes ·

Soos nog voor die toer na Pakistan begin het was dit n uitgemaakte saak dat die Proteas nie n kans sou staan in 2 toetse nie. Sport in SA is vrot van die politiek en die BLM twak en oorheers dit die kwaliteit van alle sportsoorte in SA. Geen wonder dat Kallis juis om daai rede oorsee afrig nie.

MAGRIETHA ·

Hoekom het hul Jaque Kallis laat gaan as kolf afrigter nou sit england met hom as kolf afrigter en kyk hoe goed gaan dit met england teen indie dan bevraagteken ek sa se veldwerk afrigter wat het hy al beriek , De kock moet nie kaptein wees nie en die anc moet nie inmeng in sport nie ,Dis die swakste watek sa nog gesien het

koos10 ·

MAGRIETA, daai vraag van jou is mos al reeds deur die minister van sport geantwoord. Hy is wit. Regstellende aksie bo vertoning/wen.

koos10 ·

Wat vir my soos ‘n spies deur die lyf is, is dit elke keer een of twee spelers wat die span moet deur trek, en dit gebeur al jare lank. Ons het op Zulu, Jonty, AB of wie ook al gehoop om toetse te wen. Krieket is ‘n SPAN sport, en ‘n span moet presteer. Ek lees nooit van enige ander internasionale span wat spelers se swak vertoningsuitwys nie.

twaalfboor ·

Ek ondersteun enige span wat teen die proteas speel….. En dit net oor BLM in ons keelgatte af vorseer word.

JN ·

Kniebuigers en verloor is sinoniem…Bwhahahaaa… Who cares…

Kiepie ·

‘n Groter probleem as die kolf-ineenstorting is die boulers se onvermoë on die stertkantkolwers uit te haal. Ons het hulle telkens in die moeilikheid gehad. As jy kyk na die laaste 6 kolwers het die Paki’s 341 lopies in die twee beurte saam aangeteken teen die Proteas se 110. Of anders gestel, Pakistan se laaste 6 kolwers het 60% van hul lopies aangeteken terwyl SA s’n slegs 23%.

Anti-Verkramp ·

Ons het nie een kolwer wat ‘n groot (baie groot beurt) gereeld kan speel nie. Kyk maar die ander top lande het minstens een so ‘n formidable kolwer. Engeland het Root, Indie vir Kohli, Australie vir Smith, Selfs NS het nou vir Williamson. maak ‘n groot verskil. Ons het ook een van die langste en swakste kolfsterte tans in wereldkrieket.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.