Krieket: Engeland plant uitklophou teen SA

Kagiso Rabada en Faf du Plessis verlaat die veld tydens die toets teen Engeland. (Foto: Michael Sheehan/AP)

Dit was hartverskeurend om te sien hoe die Proteas Maandag op die Wanderers vir byna vier ure kon veg, maar toe weer soos ʼn kaartehuis inmekaar getuimel het op die voorlaaste dag van die vierde en laaste toets teen Engeland.

Dit was voor die hand liggend dat Suid-Afrika, gegewe sy powere vertonings in die tweede en derde toetse teen Engeland, nie die byna onmoontlike teiken van 466 lopies vir ʼn oorwinning sou kon jaag nie.

Maar toe Pieter Malan (22 lopies van 51 balle), Dean Elgar (24 van 73 balle), Rassie van der Dussen (98 van 138 balle, wat 15 viere en twee sesse ingesluit het) en Faf du Plessis (35 van 92 balle) vasgeskop het en die telling tot 181/3 lopies in 58,1 beurte gevoer het, was daar ʼn sprankie hoop. Maar dit was alles tevergeefs, want Suid-Afrika kon net by 274 draai en het die toets met 191 lopies verloor.

Kom ons wees eerlik, as Engeland nie deur beserings en siekte in die eerste toets op SuperSportpark gekniehalter was nie, kon hulle die reeks dalk met 4 – 0 beklink het. Op jou eie tuisveld?

Kom ons maak sommetjies: Suid-Afrika het in agt kolfbeurte nie een keer by 300 lopies uitgekom nie en 1 930 lopies aangeteken, maar is elke keer uitgehaal, met ander woorde 80 paaltjies teen ʼn gemiddeld van 241,1 lopies per kolfbeurt.

Engeland het 2 246 in sy sewe kolfbeurte aangeteken vir die verlies van net 67 paaltjies, teen ʼn gemiddeld van 320 lopies per kolfbeurt.

Nie een Suid-Afrikaanse kolwer kon ʼn honderdtal aanteken nie; Engeland ʼn hele paar. Was dit nie vir Quinton de Kock se 380 lopies in die reeks nie, sou sake nog droewiger gelyk het.

Om dit verder in te vryf, is Ben Stokes as speler van die reeks aangewys en Mark Wood as speler van die wedstryd.

Dus wag daar baie harde werk op die hoofafrigter, Mark Boucher, en Jacques Kallis, asook die res van die afrigtingspan.

Die erosie in Suid-Afrikaanse krieket kan selfs jare neem om te herstel.

Maar gee die nuwe direkteur van krieket, Graeme Smith, en Boucher-hulle ʼn regverdige kans, al lyk sake hoe beroerd.

Kyk net wat die Springbokspan binne twee jaar onder Rassie Erasmus reggekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

LMGA ·

een dag goed en die volgende ???????????????
waar le die probleem ?
kaptein of ongesonde verstand ???????????

Joe ·

Spelers wat nie KAN toets krieket speel nie, kyk die manier wat spelers uit is. Speel balle bv ver buite wegpen met 3-4 glippe wat wag. Kallis kon heeldag wag vir swak balle en dan lopies aanteken.

Frank ·

Faf het darem gister ‘n LIEDERLIKE dekpunt dryfhou gespeel, wat glad nie toegeskryf kan word net aan swak vorm nie. Hom dit nog NOOIT sien doen nie. Was nie eers ‘n T20 tipe krieket hou nie (of ‘n tail-ender s’n nie). Dink nie sy kop is eers naby die spel meer nie. My persoonlike gedagte is dat hy verlede jaar dalk al wou uittree na die WB fiasko, maar gevra is om eers aan te bly om die nuwe spelers op dreef te kry.
Hulle moet nou ‘n paar jonger talentvolle spelers kies en vasbyt met hulle, al gaan dit aanvanklik vrot. Praat onder korreksie, maar Herchelle Gibbs het in sy eerste 10 wedstryde ‘n gemiddeld van iets soos 12 gehad?

Dubbelloop ·

Frank jy praat waar. Jong honger talentvolle spelers wie se koppe reg is, en wie hulle alles sal gee waarmee die keurders kan werk. In hierdie spelers kan daar belê word. Faf is nie meer daar en is gladnie n kaptein in die klas wat Hansie Cronje en Greame Smith was nie. Die keurders moet net raak vat en elke ou moet in homself glo en vir die span speel. Die afrigters us daar.

Koos Berends ·

Van waar af gaan hulle daardie spelers wat nie bestaan nie, nader hark?

Hendrik ·

Die hele opset in SA krieket is ongesond tans. Om jonger talent kans te gee en te laat ontwikkel is korrek. Maar die opset/span moet ideaal so wees dat een of maksimum twee jong spelers op ‘n slag moet inkom in ‘n span wat gevestig is en so kan ontwikkel. Bitter min jong talent stap in vanaf plaaslike krieket (wat tans swak is) en presteer dadelik op toetsvlak. Selfs Kallis het tyd gevat. Het spelers soos P malan, vd Dussen en Hamza (ongegag hul talent) ingestap en dadelik ‘n verskil gemaak in elke beurt wat hulle gespeel het? So mens moet ook net versigtig wees om summier alle ou hout uit te kap en nuwe talent in te bring. Die realiteit is dat krieket ‘n snaakse spel is waar spelers vorm verloor. Elgar het baie veggees en ons al menige kere gered. Maar ook hy het vorm verloor.

Ons sukkel ook nog om die regte veelsydige speler te kry. Lyk of daar dalk nou op Pretorius besluit is en dat hulle gaan vasskop met hom?

Ons snelaanval met Rabada, Nortjie en Ngidi lyk darem goed vir die toekoms.

Krisjan ·

Philander was ook al oor die muur. Volgens sy statistiek 3 paaltjies per toets oor 64 toetse. Nou nie juis aardskuddend nie, maar die media het aangegaan asof hy ‘n legende behoort te wees. Was maar doodgewoon as die blad nie gebyt het nie.

Eddy ·

Die Vroteas speel dalk bietjie swak tans en Ek weet Nie of mens ou Faf of kwitansies moet blameer nie.Maar is dit dalk die Engelse se durf en daad om wraak te neem vir die RugbyWereld beker eindstryd. Die Engelse bring ook hul eie ondersteunerskorps(Barmish Army). Nou moet ons uitkyk vir die Aussies(Baggy Greens)ook,want David Warner en Steve Smith is weer op dreef ,jong.

Eddy ·

Jammer,Ek het bedoel kwotas(en nie kwitansies) predictive text doen soms meer skade.

Josi ·

Jy kan nie die kwotas blameer nie. Useless SPAN. Elgar, Malan, Faf, Nortje het ook nie perform nie. Rassie het so bietjie gespeel saam de kock. Swak kaptein, en nog swakker houdings!

EK. ·

My beskeie opinie is dat eendag en T20 totaal geskei moet word van 5 dag krieket. Dit is baie duidelik dat die kort gedeelte van die spel n beduidende invloed op die spelers het, aldus die swak kolfwerk.Kan nie meer vasbyt voor die penne soos voorheen.

Karl ·

@EK, goeie spelers maak dit nie n verskil nie, kyk na Kohli, Smith, Rohit, Williamson en en en, dis die Proteas se kamp, die span moet geskrap word, en van voor begin. Beslis nuwe kaptein.

bokka ·

Faf se hart is nie meer in die spel nie. Tyd om uit te tree. Laat die jong ouens maar die vaandel oorneem, gaan ongelukkig tyd vat.

Andre ·

Ons sal nooit weer goeie krieket speel nie, Die probleem le by ons plaaslike reekse en spanne wat uiters swak is. Dink almal weet hoekom dit so is, en totdat ons nie weer die beste spelers in franchice spanne kies nie sal ons krieket nerens heen gaan nie. Veral toets krieket , dit gaan nie oor geluk nie dit is regte krieket waar 11 manne hulle beste moet kan gee oor vyf dae. Dis nie mik en hoop nie, De kock is tans die enigste speler van internasionale gehalte. die res is nerens nie hulle sal sukkel om a Franchice span in Australie te haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.