Krieket: Proteas se toer eindig op ʼn laagtepunt

Foto: @OfficialCSA, Twitter

Suid-Afrika het Dinsdag in hul eerste en enigste T20-wedstryd teen Sri Lanka in Colombo gespeel en ʼn pakslae gekry. Sri Lanka het met 3 paaltjies geseëvier met nog 24 balle oor. Suid-Afrika het daarmee hul laaste drie wedstryde op hul toer deur Sri Lanka verloor.

Die Proteas het die loot gewen en hulle het besluit om eerste te kolf. Daar was drie veranderinge aangebring aan die span wat in die laaste eendagwedstryd gespeel het. Die kaptein vir die wedstryd was JP Duminy.

Suid-Afrika het 13 lopies van die eerste boulbeurt gemoker maar dit is waar die momentum geëindig het. Hashim Amla was uit vir nul en kort daarna is Quinton de Kock vir 20 uitgehardloop. In die sesde boulbeurt het Akila Dananjaya toegeslaan en vir Reeza Hendriks geboul. Die Proteas was toe op 42/3 na 5.2 boulbeurte.

Reën het egter begin uitsak met die telling op 54/3 ná sewe boulbeurte. Spel is hervat en ná 10.1 boulbeurte het Suid-Afrika gesteier op 69/5. Die paaltjies het bly kantel en het van 85/8 (na 14 boulbeurte) verander na 98 lopies almal uit in net 16.4 boulbeurte.

Quinton de Kock het 20 lopies aangeteken en met die bal het DM de Silva en Dananjaya twee paaltjies elk geneem terwyl Sandakan 3 paaltjies platgetrek het.

Sri Lanka was die taak gestel om 99 lopies vir ʼn oorwinning aan te teken. Hul eerste twee paaltjies het in die eerste beurt geval toe Kagiso Rabada toegeslaan het en die telling na 6/2 geneem het. Daarna het die lopies egter gevloei terwyl daar ook gereeld paaltjies geval. Met die telling op 88/7 het Sri Lanka net 11 lopies van 35 balle benodig. Die wen lopies is met ʼn vier aangeteken en Sri Lanka het die teiken van 99 lopies in 16 boulbeurte behaal.

Dinesh Chandimal het 40 lopies van 34 balle gemoker. Met die bal het Rabada, Ngidi en Dala elkeen twee paaltjies geneem.

Die wedstryd was die laaste van Suid-Afrika se toer deur Sri Lanka. Suid-Afrika het die eendagreeks gewen, maar die toetsreeks en die T20-wedstryd verloor.

Meer inligting is hier beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pitch ·

LOL was pateties! Rabada kan maar gerus sy houding regkry, bly sendoffs doen, dan moan hy en ou faf as icc weer vas vat. Pathetic proteas.

Vraagteken ·

Rabada is die enigste ou wat iets reg kry. Die res van die span moet hulle houding verander. Dit is juis hoekom die Ausies so suksesvol is – want hulle het ‘n ‘in-your-face’ mentaliteit.

CSA ·

@Henry, as Saffa sal ek niks sê oor balltampering nie. Faf x 2, philander x1 en en en en wat doen CSA? Bevorder hul in die span, moet nie eens dat ek in die geskiedenis van protea cheatery klim nie.

Oz ·

so funny when Saffas talk about the sandpaper incident when your captain’s been caught twice, one of your top bowlers also caught, previous captain also in match fixing with 9 other players, who still got to play for SA. Faf got caught twice, then made captain.

Henry ·

Oz, tussen jou en CSA wil dit mos al lyk asof julle nie eers weet dat die wenende trio – Smittie, Warner en Bancroft – nie die eerste en enigste Ossies is wat met die balskuur triek ge-kroek het nie.
Dit is so ‘n stokou triek van die ‘down under’ narre. Hulle het so wintie geraak tydens die laaste Ashes en daarna in SA, dat hulle van sand, ritssluiters ens ens gevorder het na skuur papier. Die growwe een, nie die fyn weergawe nie, want hulle is mos die tawwe rowwe en growwe Ossies.
Hulle huil net ‘n bietjie makliker as ander tawwe ouens.

:-)))

Vraagteken ·

Henry, jy kan sê wat jy will – maar op die einde van die dag het die Ausies al ‘n paar wêreldbekers gewen en ons patetiese span het nie.

Henry ·

Ag ou Vraagteken
Het Australië ook kwota vereistes waaraan hul spelers en spanne van kleinsaf moet voldoen?
Indien wel, dan kan ons begin om asppels met appels te vergelyk. Indien nie, is dit gewoon ‘n mors van tyd en spasie om die een span teenoor die ander span se prestasies te vergelyk of te besing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.