Krieket: Proteas verloor hul fut

Quiton de Kock in aksie tydens Suid-Afrika se laaste eendagwedstryd teen Sri Lanka in Colombo. Foto: Krieket Suid-Afrika (Facebook)

Suid-Afrika het Sondag in hul laaste van vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka in Colombo gespeel en ʼn groot pakslae gekry.

Sri Lanka het op ʼn drafstap met 178 lopies geseëvier. Alhoewel Suid-Afrika die reeks met 3-2 ingepalm het, het hulle minder goeie krieket in die laaste twee wedstryde opgedis.

Sri Lanka het eerste gekolf en 299/8 aangeteken. Die kaptein, Angelo Mathews, het 97 lopies van 97 balle gemoker (11 x 4 en 1 x 6). Met die bal het Willem Mulder en Andile Phehlukwayo elkeen twee paaltjies platgetrek.

Die Proteas is die taak gestel om 300 vir ʼn oorwinning aan te teken.

Die Proteas se jaagtog het vroeg reeds ʼn knou gekry toe Hasim Amla vir ʼn nulletjie moes terugstap kleedkamer toe. Dit was egter die sesde boulbeurt wat die groot verskil gemaak het toe Akila Dananjaya twee paaltjies met twee agtereenvolgende aflewerings platgetrek het. (Aiden Markram 20 en Reeza Hendricks 0). Suid-Afrika was toe in die moeilikheid op 31/3. In sy volgende boulbeurt het Dananjaya ook van Heinrich Klaasen ontslae geraak. Die Proteas was toe op 38/4 in die 8ste boulbeurt.

Die paaltjies het gereeld getuimel en Quinton de Kock was die enigste kolwer wat die kastaiings uit die vuur probeer krap het. Hy het egter sy paaltjie op 54 (57 balle) verloor. Suid-Afrika is vir slegs 121 lopies uitgeboul. Akila Dananjaya het amok gemaak en 6 paaltjies vir 29 lopies platgetrek.

Sri Lanka behaal ʼn gemaklike oorwinning van 178 lopies terwyl Suid-Afrika egter die reeks met 3-2 wen. Die toetsreeks is deur Sri Lanka ingepalm.

Die toer loop môre ten einde wanneer die een T20-wedstryd gespeel word.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Toe ek jonk was was daar ‘n beskrywende woord vir daardie tipe pakslae…

Pieter ·

Die Proteas is pateties. As die jong spelers wat hulle ‘n kans wou gee om te speel SA se toekoms is, moet hulle liewers krieket as ‘n sport in SA staak. Hulle het baie verskonings, maar hulle pogings in die 5 dag en laaste twee 1 dag wedstryde was pateties!

Lol ·

Presies die rede hoekom AB afgetree het. Hy het gesien hier kom moeilikheid.

JJ ·

AB het NIE afgetree nie, hy het besluit hy laat sy land in die steek en pick and choose net waar en wanneer hy speel, maw vir miljoene. Weg is sy drome as skoolseun om sy land te verteenwoordig, geld, geld, geld.

Henry ·

Jy’s reg Lol.
Alle twyfels wat AB gehad het oor aftree uit hierdie land se kwotasirkus, het destyds in NZ verdwyn toe die Proteas in die WB halfeind agv kwota sotlikhede, teen ‘n swak NZ span verloor het.
Hy het nietemin kom uithelp om die verwaande Aussies en hul skuurpapier-span met kouse oor hul koppe suidwaarts te stuur.
Uitstekende besluit van hom om sy talente steeds te gebruik om in ‘n kwota vrye IPL omgewing groot geld te verdien.
Laat waai AB!!!

Stefan ·

Henry, mens kan maar net lag vir jou! As AB vir SA los oor “kwotas”, hoekom is hy beteid om vir die Titans te speel?

Henry ·

Maklike antwoord Stefan.
Om vir die Titans te speel, kan AB die kwota’s van jongsaf inspireer en help om verder as talle ander kwota’s te vorder, wat soos almal weet, reeds langs die moeilike pad gefaal het.
Dit sal kwetsend en onnodig wees om name te verskaf…
Miskien – net miskien – kan hy en andere die Titans soos voorheen help om ‘n kwota of meer te inspireer, om die hoogtes te bereik, wat AB en andere by die Titans reeds bereik het.
Dit is wat enige speler met AB se integriteit, waarskynlik aanspoor om steeds sy vermoëns aan die Titans wat hom gehelp het om die hoogste sport te bereik, met andere te deel.
Wil jy nog iets hê om oor te lag???
:-)

Johan ·

Ek is meer teleurgesteld in die verloor in die 4de ODI. Om van ‘n posisie waar die Proteas moes wen, te verloor, was teleurtstellend.

Gister se verloor (5de ODI) het duidelik gewys dat ons diepte nie op standaard is nie. Vrae ontstaan soos: Is Klaasen nie waar net ‘n “wonderwerk” wat net soms werk nie? Hy het gister sy kans gehad om iets te bewys met baie tyd tot sy beskikking. Hoort “Polokwane” in die span? Hoeveel paaltjies kry hy met regtig goeie balle en hoeveel is maar bloot omdat kolwers gaan vir lopies en dan gevang word? Het ons ‘n draaibalbouler wat meer paaltjies kan vat as Tahir in ODI krieket? Tahir gee daai “ietsie anders” in ODI krieket. Hoe minder mens skryf oor Dala hoe beter – hoort duidelik nie daar nie. Diepte, diepte, diepte in ons plaaslike krieket is die probleem.

Maar ek durf nie die politiek inbring en die amptelike kwotas (wat bestaan) bevraagteken nie. Ek dink dit het tog ‘n impak.

Karin ·

@Johan, ek stem met Tahir, maar Klaasen nie helemal nie, dan moet Makram helemal verwyder word, Quinny helemal uit die toets span saam met Elgar, jy kan nie open en daai stats he nie. Wat my bekommer is dat old man steyn WC toe wil gaan.

bolla ·

Daai kwota wat so pas as die wereld se beste jong speler aangewys is , het beslis ‘n impak.

Callie van der Merwe ·

Die waarheid is dat die patetiese kortsigtige afrigter en keurders wil experimenteer met jonger spelers want die reeks is gewen. Nou is Sri Lanka se sterte op en ons geestelik in n gat. Daarom verloor ons die opkomende T20 ook 2-0. Daar is nie pille vir stupid mense nie. Jy speel altyd jou beste, altyd!

lolla ·

Dis kommerwekkend dat ons reserwekrag nie op standaard is nie. Dieselfde storie moet ons rugby.

lollie ·

Nou’s die verloor weer die kwotas se skuld. Nevermind dat Rabada so pas as die wêreld se beste jong speler aangewys is nie. Van julle is regtig lagwekkend.

Henry ·

Kwota status kan tog nie verleen word aan ‘n seun wat sy skool opleiding in ‘n elite skool soos St Stithians Boys College ontvang het nie, met ‘n pa wat n suksesvolle mediese dokter en sy ma ‘n prokureur is.

‘n Pragtige voorbeeld van ‘n bevoorregte en toegewyde seun wat sy geleenthede/voorregte benut, wat ongelukkig nie vir alle kinders beskore is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.