Krieket: Reën het die laaste sê in die T20-reeks

Imran Tahir tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: @OfficialCSA op Twitter.

Die derde en laaste T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is Sondag in Benoni afgelas weens reën sonder dat ʼn bal geboul is. Die wedstryd moes om 14:30 begin, maar geen spel was moontlik nie en die wedstryd is net voor 16:00 afgelas weens die deurdringende reën en ʼn sopnat buiteveld.

Imran Tahir is as die speler van die reeks aangewys ná sy vyf paaltjies vir 23 lopies in die eerste wedstryd.

Die Proteas wen daarmee dié reeks met 2–0 nadat hulle ook die Eendagreeks met 3–0 verower het.

Meer inligting is beskikbaar by: http://www.espncricinfo.com/series/18652/game/1144151/south-africa-vs-zimbabwe-3rd-t20i-zim-in-sa-2018-19

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.