Die Indiese krieketlegende Sachin Tendulkar is Vrydag in die hospitaal opgeneem, ses dae ná hy aangekondig het hy het Covid-19 opgedoen.
Die 47-jarige krieketspeler, die “Klein Meester”, is “as ʼn voorlopige maatreël” in die hospitaal opgeneem en hy is ʼn hoëprofielgeval van ʼn oplewing in die land met sy 1,3 miljard inwoners.
“As ʼn kwessie van uiterste voorsorg onder mediese raad, is ek in die hospitaal opgeneem,” het hy op Twitter gesê. “Ek hoop om binne ʼn paar dae ontslaan te word. Bly veilig almal!”
Tendulkar is baie geliefd in Indië en aanhangers het hul krieketster op sosiale media spoedige beterskap toegewens. Indiese Premierligaspanne soos die Delhi Capitals het ook goeie wense vir hom gestuur.
Tendulkar is die speler met die meeste lopies in toetswetstryde en een dag internasionale wedstryde. Hy het in 2013 uitgetree ná 200 toetse waar hy 15 921 lopies aangeteken het. Hy het nog 18 426 lopies aangeteken in ODI’s en 100 honderdtalle in albei formate aangeteken. Hy het ook eendagkrieket se eerste tweehonderdtal teen Suid-Afrika geslaan.
ʼn Paar dae voor hy aangekondig het dat hy positief getoets het vir die koronavirus, het Tendulkar die India Legends-span in ʼn oorwinning gelei oor Sri Lanka in ʼn Twenty20-reeks. Drie ander spelers wat in die sogenaamde “Road Safety World Series” deelgeneem het, insluitend broers Yusuf en Irfan Pathan, het ook positief getoets vir Covid-19. Toeskouers is toegelaat in die stadion in Mumbai vir die wedstryde.
Indië gaan gebuk onder ʼn nuwe vlaag Covid-19-gevalle. Daaglikse gevalle het Vrydag tot meer as 81 000 gestyg met 469 sterftes – die hoogste sedert Oktober.
Thank you for your wishes and prayers. As a matter of abundant precaution under medical advice, I have been hospitalised. I hope to be back home in a few days. Take care and stay safe everyone.
Wishing all Indians & my teammates on the 10th anniversary of our World Cup ???????? win.
— Sachin Tendulkar (@sachin_rt) April 2, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
i pray for u to get well soon