Kriekettoets onbeslis na geen spel op vyfde dag nie

krieket-sa-logoDie eerste toets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika is Sondag weens aanhoudende reën afgelas sonder dat ʼn bal op die vyfde dag in Dunedin geboul is.

Aan die einde van die vierde dag was die proteas op 224/6 191 lopies voor die Swart Pette. Met albei spanne wat geglo het hulle kan die gelykop stryd wen, is daar duim vasgehou dat die voorspelde reën op dag vyf sou wegbly.

Nieu-Seeland het geglo dat hulle slegs hul tweede oorwinning op tuisbodem sedert die 1931/’32-reeks teen Suid-Afrika kon wen.

Daar is nog twee toetse in die reeks oor. Die volgende toets begin op 16 Maart in Wellington.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wim van der Berg ·

Verskoning vir die glips en dankie vir die uitwys. Dit is reggemaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.