KSA erken sy tydsberekening was swak

Quinton de Kock. Foto: Hansie Linde.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het erken dat sy tydsberekening beter kon gewees het om die Proteas in te lig dat hulle die knie vóór die aanvang van hul oorblywende Wêreldbeker-wedstryde moet buig.

KSA het Dinsdagoggend – ’n paar uur voordat die eerste aflewering teen die Wes-Indiese Eilande afgestuur is – die Proteas beveel om te kniel.

Quinton de Kock, wat hom weens persoonlike redes aan die kragmeting onttrek het, het intussen ná ’n “emosiebelaaide” gesprek met KSA-verteenwoordigers gesê hy sal bereid wees om die knie te buig “as dit sal help om ander op te voed en die lewe vir ander beter te maak”.

Hy het egter steeds in die rigting van KSA gekap.

“Ek gaan nie jok nie. Ek was geskok toe ons op pad na ’n belangrike wedstryd aangesê is om ’n opdrag uit te voer, terwyl ’n mens tussen die reëls kon lees wat die moontlike gevolge sou wees as jy dit nie doen nie,” het De Kock in ’n verklaring gesê.

Die 28-jarige paaltjiewagter meen ook dat dit wat op die wedstryddag gebeur het, vermy kon gewees het as KSA vroeër die situasie met die spelers bespreek het.

“Ek kon nie verstaan waarom ek met ’n gebaar iets moet bewys nie, terwyl ek daagliks by mense van alle rasse leer en vir hulle lief is. Wanneer jy sonder enige voorafbespreking aangesê word om iets te doen, is dit betekenisloos.”

KSA verwelkom die jongste verwikkelinge, asook dat dit die nasionale krieketbeheerliggaam se verbintenis tot ’n nierassige samelewing bevestig.

“Om ’n verenigde standpunt teen rassisme in te neem is ’n morele kwessie en nie polities van aard nie. KSA is egter spyt dat die tydsberekening van sy opdrag vroeër die week onthutsend vir die spelers was.”

Volgens De Kock is daar altyd drama by ’n Wêreldbeker-toernooi.

“Dit is onregverdig. Ek dink dit sou beter gewees het as ons alles vóór die toernooi kon uitsorteer. Sodoende kon ons slegs daarop konsentreer om wedstryde te wen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Sobymykoolkop ·

As een blinde die ander blinde lei val altwee in die sloot.

Suzette ·

AG izziiit? Hoekom moet enige sportman in elk geval VERPLIG word om te kniel. Sulke onrealistiese en doelbewuste optrede deur bestuursinstansies, regering en politici is die oorsaak van rassisme. Almal is altyd tog so gou om aanspraak te maak op regte en vryheid van spraak – dis mos nou net die teenoorgestelde!!!

Kaptein67 ·

KSA, dit gaan nie oor julle tydsbereking nie, dit gaan oor julle swak intergriteit…

Chris dupreez ·

KSA , julle tydsberekening was pateties, maar wat kan mens anders verwag.

Boeretroos ·

Regtig pateties Krieket SA julle ruggraatlose dwepers.

Nicolaas Hendrik ·

KSA kyk maar hoeveel toeskouers julle nou gaan kry.

melaney ·

Ek wonder maar net of my mede blankes wat graag krieket kyk sal besluit tot hiernatoe en nie verder. My knie sak alleenlik voor my Hemelse Vader.

piet ·

Maak nie vir my saak of hulle kniebuig of nie, niks met my te doen nie. Pla my ook nie. Ek kyk net die sport as toeskouer.

Johann ·

Dit het min met tydsberekening te doen maar wel met ‘n walglike swak oplossing vir ‘n probleem, geen rassis sal op hierdie manier verander word nie. Inteendeel dit is eerder vet op vuur. Assosiasie met BLM wys niks mooi nie.

Harley Davidson ·

Verstaan ek reg se ksa hulle kon ‘n beter tyd gekies het om hulle rasistiese wil op van die spelers af te forseer?

Richard ·

En daar buig Quinny toe eers vooroor, voordat hy op die veld op een knie moet neerbuig. Hy het geen keuse nie, mens moet eet. Skaam julle, kommunistiese KSA!

Riaan ·

Wat beteken “as dit sal help om ander op te voed” … Opvoeding sê ALL lives matter, en as jy dit nie kan insien nie moet jy maar die knie buig en soos jy spanmaats gesien word vir wat julle is – Maar ek kan dit ongelukkig nie hier sê nie.

Blikke ·

Dit het absoluut niks met tydsberekening te doen nie…..niemand en ek bedoel NIEMAND behoort verplig of onder druk geplaas te word om mee te doen waarmee hulle nie eens is nie…..

Dirk Mostert ·

Om ‘n standpunt teen rassisme in te neem moet KSA bedank sodat ‘n bestuur gekies kan word sonder politieke inmenging. Ook moet rasse-kwotas in sport summier beeindig word.

Corne123 ·

Ksa is rasiste klaar!!!!! Gin swak tydberekening nie.Waneer is ooit n goeie tyd om rasisties te wees? NOOIT!

Erika ·

ALL LIVES MATTER NOT JUST black Lives only…-Its wrong to be sabotaged when you dont follow the “herd metality ” & stand for whats right to make a true diffrence in this country

david ·

KSA is ‘n skepping van die Rassistiese Minister van sport–niks anders nie
Die minister is deel van die ANC, oorwegend swart, met sterk bande met die
Amerikaanse swart mag beweging.
Daarom is KSA met o.a. sy kwota beleid dood eenvoudig net ‘n tak van
die ANC se sport beheer departement.
Die kniel instruksie was dus net ‘n politieke instruksie, niks minder nie.
Hoe ver is ons weg van ‘n instruksie dat om gekies te word, spelers kaart draende
ANC lede moet wees. ?

Charl ·

Nee KSA, moenie nou wil gatkruip nie, gedane sake het geen keer nie !

Hennie Biebouw ·

Daar is géén regverdiging vir rassisme nie. Nooit nie. Nêrens nie.
Maar…om in die openbaar te kniel voor “Black Lives Matter” is nié die enigste manier om jouself teen rassisme uit druk nie, en die weiering om so te doen, maak jou nie ‘n rassis nie.
BLM is ‘n organisasie daarop uit op winsbejag. Hul het meer as $90 mil se inkomste gedurende 2020 gehad.
Hul leier, Patrisse Khan-Cullors, ‘n selferkende Marxis, koop intussen $1.4 mil se huise , in die ryk LA buurte, terwyl die talle swart mans , en kinders, kleuters, in die inner cities van Chicago, Oakland, Baltimore in die VSA gedood word aan die hand van ander swart mans.
Ek sal nie enige span of instansie steun wat die haatdraende, verdelende BLM steun nie. Dis jammer dat De Kock ook nou geswig het voor die druk van KSA, wat bloot marionette van die georkestreerde Marxistiese aanslag op die Westerse Beskawing is. Ek sal nie verder omgee wat KSA doen, of wat van hul spanne word nie. Ek sal nie eens meer klub krieket steun nie.

Jakes ·

KSA se tydsberekening was swak doodeenvoudig omdat die organisasie swak is. Swak besluite en min integriteit is maar die kenmerke van onbeholpenheid.

Wat Wou ·

“KSA het – ’n paar uur voordat die eerste aflewering teen die Wes-Indiese Eilande afgestuur is – die Proteas BEVEEL om te kniel.”
Wys jou net hoe dom mense is. Het KSA al besin oor wie die knie voor wie moet buig?
Blankes, in Suid Afrika het talle male bely dat die vorige bestel verkeerd was. Nou is blankes die mense wat benaadeel word deur swartes, wat voorkeur behandling in alles kry, met regstellende aksie, plaas moorde, onregverdige politieke uitsprake, aanhoudende verwysing na apartheid, disriminerende belastings, neerhalend kretiek, ens
Is dit nou reg vir blankes, om die knie voor die RASISTIESE “black lives matter”beweging te buig?
Wat van swart sportslui word GEDWING om met albei hulle hand oop, en gerig na bo, te getuig “white lives matter”? Jy kan n mense net DWING om sekere goed te doen.
n Mens besluit terwille van oorlewing, in sy hart of dit wat hy MOET doen, reg of verkeerd is.
Gedwong aksies net om IN te wees, het geen waarde vir niemand nie.

Porseleintjie ·

Nog n ‘held’ met voete van klei. Swig toe wraggies onder druk. Ek bly eerder ‘n vriend van God en `n vyand van die wereld as andersom.

JN ·

So eenvoudig soos dit ….
Neem die BlM se eensydige polititieke standpunt in en maak soos hul se of jy word gefire….
Wel wat lyk verkeerd met dit mense????
Hoekom voel ek en soveel ander dat dit verkeerd is en hoekom staan meer mense nie op teen die soort afpersing op nie???
Nee man wat n klomp nonsens mense word wakker!!!

Frank John ·

OM TE KNIEL OF NIE TE KNIEL NIE
Die geknielery en gebalde vuiste by die T20 wêreldbeker kampioenskappe is tans groot nuus. Opmerklik is dat beide hierdie simboliese gebare ook ’n sterk Bybelse konnotasie het.
Om jou hande in die lug te steek, het in die Bybel die betekenis van eer en lof wat aan God gebring word. Dis egter nooit met ’n gebalde vuis gedoen nie, maar met hande wat oop is – simbolies daarvan om eer aan God te bring of barmhartigheid van Hom te ontvang. ’n Gebalde vuis spreek van aggressie, veglustigheid, rebellie en verset.
Om te kniel, is een van die kragtigste simbole wat daar is. ’n Mens kniel nie voor enige persoon of saak nie. Dis ’n baie eksklusiewe gebaar. ’n Man kniel voor die meisie wat hy liefhet en vra om te trou, maar hy kniel nie voor verskillende meisies nie.
Om voor iemand te kniel het tradisioneel een van twee betekenisse gehad. Daar is gekniel voor iemand vir wie daar die allergrootste respek, agting, liefde, verering en dankbaarheid is.

Frank John ·

Om voor iemand te kniel het tradisioneel een van twee betekenisse gehad. Daar is gekniel voor iemand vir wie daar die allergrootste respek, agting, liefde, verering en dankbaarheid is. Dit is altyd ’n vrywillige en spontane simboliese gebaar.
Die tweede rede wanneer daar gekniel is, was ’n teken van gedwonge oorgawe voor ’n vyand wat jou oorwin het. In tradisionele oorlogvoering en wanneer jy jou heerskappy en baasskap oor iemand wou bewys, is die persoon gedwing om te kniel. In teenstelling met die eerste rede, is dit nie vrywillig nie, maar gedwonge en dit word teësinnig gedoen. Nou is dit nie meer verering nie, maar vernedering.
Hierdie tweede betekenis om te kniel, kom duidelik voor in ons gesegde wanneer iemand verloor het. So bv. sal ons praat van ’n krieketspan wat “die knie moes buig” voor sy opponente.
Die eerste, vrywillige gebaar om te kniel, het deur die eeue (en vandag steeds vir baie mense) hoofsaaklik ’n religieuse betekenis – vir alle godsdienste.

Frank John ·

In die Bybel word hierdie gebaar as aanbidding eksklusief vir God gereserveer. In die gevalle waar mense in die Bybel voor ’n ander hemelwese soos ’n engel gekniel het, het die engel hulle onmiddellik gekeer en gesê dat daardie verering net aan God toekom.
In die lig hiervan beskou ek Krieket Suid-Afrika se opdrag dat ons hele T20 krieketspan op geboë knieë en met gebalde vuiste die BLM beweging terwille moes wees as veragtelike politieke dwang en ’n flagrante vergrype aan die persoonlike en grondwetlike regte van die spelers.

Hoekom ·

BLM is nie nie-rassig nie – BLM is RASSISME

KSA se besluit is nie ‘n morele een nie, dit is ‘n POLITIESE besluit. Dit stel voor dat ons eerder besorged is oor “african americans” as enige iemand anders bv. daar is baie meer aanvalle op afrikaanse boere as wat polisie in amerika “african americans” snaaks hanteer…

As dit dan ‘n morele besluit was, het hulle iets gedoen vir die aanvalle op boere ook. Dus is die besluit polities en rasisties van aard…

Stephanie ·

Na my beskeie mening MAAK ALLE LEWENS SAAK, nie net sogenaamde “Swart” lewens nie. Daar is baie meer mense op aarde as net “swart” en “wit”. Wat van Polinisiërs, wat is hulle – “swart” of “wit”? Is hulle lewens belangrik? Wat van Amerika se Eerste Nasies – is hulle “wit” of “swart”? Is hulle lewens belangrik? Wat van Suid-Amerikaners of Japanese of Maori’s of Eskimo’s of mense van “gemengde” bloed? Is hulle nie NETSO belangrik soos “swart” lewens nie?? Het eers respek gehad v QdK, maar na sy “verskoning” en versekering dat hy in d toekoms gaan kniebuig, nie meer nie. Mens buig net voor jou meerdere – “swart” lewens is nie GOD nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.