KSA hou Proteas op knieë

Die Proteas sal in die komende reeks ook die knie buig. Foto: Randy Brooks/AFP.

Die Proteas sal aanhou om vóór die aanvang van wedstryde die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig.

Dít volg nadat ’n afvaardiging van Krieket Suid-Afrika (KSA) met die Proteas se kapteins en spanbestuur vergader het.

“Die besluit om die spelers oor dié gebaar te betrek is nie ligtelik geneem nie. Ons is verheug dat ons die geleentheid gehad het om dit met die kapteins te bespreek. Om die knie te buig is intussen as ’n beginselsaak aanvaar,” het Lawson Naidoo (KSA-raadvoorsitter) gesê.

Volgens Naidoo is om te kniel ’n belangrike gebaar in die stryd teen diskriminasie in sport en in die samelewing.

“Suid-Afrikaanse sportmanne en -vroue behoort hier die leiding te neem,” het hy bygevoeg.

Die nasionale krieketbeheerliggaam het op 26 Oktober – kort vóór die aanvang van die Proteas se Wêreldbeker-kragmeting teen die Wes-Indiese Eilande – geëis dat elke speler die knie ter ondersteuning van BLM moet buig.

Daar het ook ’n storm oor Quinton de Kock losgebars nadat die 28-jarige paaltjiewagter hom aan die wedstryd onttrek het.

Hy het later in ’n verklaring gesê dat KSA se dekreet hom onkant betrap het.

“Ek gaan nie jok nie. Ek was geskok toe ons op pad na ’n belangrike wedstryd aangesê is om ’n opdrag te volg, terwyl ’n mens tussen die reëls kon lees wat die moontlike gevolge sou wees as jy dit nie doen nie,” het De Kock gesê.

“Ek het nie verstaan waarom ek met ’n gebaar iets moet bewys nie, terwyl ek daagliks by mense van alle rasse leer en vir hulle lief is. Wanneer jy sonder enige voorafbespreking aangesê word om iets te doen, is dit betekenisloos.”

Hoewel KSA later erken het dat sy tydsberekening swak was, het die hele span vóór die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde die knie gebuig.

Die Proteas se eendagreeks teen Nederland begin Vrydag op SuperSportpark, terwyl Indië in Desember na Suid-Afrika toer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

lizzybez ·

Wat van White Lives Matters????? Is ons lewens nie soveel werd soos swart lewens nie??? Daar word daagliks wit boere vermoor in Suid-Afrika maar daaraan word niks gedoen nie. En mens buig net jou knieg voor ons Enigste Ware Lewendige Almagtige God, voor niks en niemand anders nie.

piet ·

Daar word nie daagliks wit boere vermoor nie. Dalk so 60 ‘n jaar en dis ook nie almal wit boere nie. Dis erg maar ons moet nou ook nie tot die ekstreme gaan en wilde stellings maak soos volksmoord ensovoorts nie. Dis misdaad nie volksmoord nie. Voksmoord is wat ons in plekke gesien het soos Rwanda, dit was volksmoord.

marius ·

Maak soos julle wil met die speletjie wat julle by jul britse meesters geleer het .

Johnny ·

Wat ‘n klomp snert wat op almal afgedwing word. Ek wens die spelers het die ruggraat gehad om vir KSA en die groepie wat hierop aandring te sê “gaan weg”

Andrew ·

“Volgens Naidoo is om te kniel ’n belangrike gebaar in die stryd teen diskriminasie in sport en in die samelewing”

Wat soos sport kwotas, BEEE , onteieing sonder vergoeding , taal onderdrukking …… ek het jou!

Andrew ·

Volgens Naidoo is om te kniel ’n belangrike gebaar in die stryd teen diskriminasie in sport en in die samelewing

Kan ons iets hoor oor hoe die BLM inpas met die stryd teen die vervolging van Christine in Pakistan, China en Indie , ons eie volksmoord , meer bekend as plaasmoorde, die grootskaalse korrupsie onder die dekmantel van sosialisme?

Al bly daar net een europier oor, sal alles nogsteeds sy skuld bly.

Dewald ·

Hierdie gebaar is eie aan BLM en het niks met diskriminasie in sport of die samelewing uit te waai nie. Dit is ‘n beweging met hul eie, duidelike agenda. Verstaan enige van die spelers wat hulle werklik ondersteun? Die KSA lede tree op in belang van hule eie poste en om die minister gelukkig te hou, beslis nie in die belang van krieket in die land nie. Ek verkwalik geen speler wat sy loopbaan buite ons grense voortsit nie.

Schalk ·

Wat ek wil nou noem wat in my gedagtenis opkom sal nie ge-publiseer kan word nie. Maar wat maak dat BLM bo Christenskap verhewig word op ‘n internasionale sport platform. Om iemand te dwing om ‘n polities gedrewe organisasie se beleid te volg is ‘n skreiende skande.

piet ·

Verduidelik asseblief hoe jy die gebaar met Christenskap vergelyk.

Kirst ·

Ek sien darem op die foto lyk dit of die meerderheid nie hulle vuiste in die lug hou nie. Hulle sal seker volgende gedwing word om dit ook te doen.

Gerrie ·

Jy kniel alleenlik voor jou skepper nie voor BEE nie,dis die groodste gemors wat in ons kele afgedwing word

piet ·

Hulle kniel nie ter aanbidding nie. Die aksie is ter illustrasie/herinnering van dit wat die polisieman gedoen het toe hy met sy een knie teen Floyd se keel gedruk het.

Louis ·

Klomp patete. Die hele krieket span. Jy gaan net voor die Here op jou kniee

Dirk Mostert ·

Dis reg dat daar stelling ingeneem word teen rassisme in sport. S.A. is sover ek weet die enigste land ter wereld waar daar rassisme in sport (rassekwotas) en ander vertakkings van die samelewing afgedwing word. KSA se samestelling is juis weens rassisme. Die KSA-administrasie behoort nou hul geld by hul monde sit deur te bedank, sodat administrateurs en spanne suiwer op grond van meriete gekies kan word.

piet ·

Ek probeer steeds verstaan hoe sommige mense die kniebuigaksie aan godsdiens koppel. So ver ek weet, versinnebeeld die kniebuig die aksie wat die polisieman uitgevoer het toe hy sy knie op Floyd se keel gedruk het. Dit is dus veronderstel om mense te herinner aan die spesifieke aksie van die polisieman en so is dit as “universele” teken aangeneem vir die BLM- beweging. Boonop lyk dit in elk geval nie soos ‘n aanbiddingsaksie nie. Die tipiese aanbiddingsgebaar vir my is om op albei kniee af te gaan en met ‘n geboe hoof te aanbid. Dit lyk en herinner my glad nie aan enige vorm van aanbidding nie.

Pieter ·

Piet, die aksie van kniel word aanvaar as “op jou knieë gaan” wanneer jy bid. Hierdie kniel is volgens jou nie dieselfde nie. Ek glo dat dit niks te doen het met die George Floyd kniel aksie nie, want die polisie het nie die vuis in die lug gebruik daar nie. Ek sien dit eerder as ‘n “kniel voor my want ek is bo jou”aksie, en toon respek en onderdanigheid.
En gesien dat BLM gewys het dat hulle erg korrup is en ‘n vals agenda het, is daar geen manier wat ek hulle sal ondersteun nie.
En as gevolg van die afgedwonge aksies van KSA, kan hulle ook maar dieselfde pad volg.
Dink ek sal die naweek gaan visvang. Visse hou hulle nie op met sulke goed nie.

Niklaas ·

Dalks moet hierdie span eerder op groot oorwinnings teen hul teenstanders konsentreer as op onnodige buigings en gebalde vuisies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.