KSA, Ngidi ondersteun die BLM-beweging

Dr. Jacques Faul. Foto: Twitter.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het vroeër die week in ’n verklaring gesê dat hy die Black Lives Matter (BLM)-inisiatief sal ondersteun.

Dít kom nadat Lungi Ngidi, wat tydens KSA se prysuitdeling as die Protea-witbalkrieketspeler van die jaar aangewys is, onder meer sy gewig agter dié beweging gegooi het.

“Dit is goed om te sien dat al die sportsoorte hul ondersteuning aan die BLM-beweging wys. Ek sien dat die spelers van die Wes-Indiese Eilande swart handskoene aangehad het,” het Ngidi gesê.

In die eerste toets tussen die Windies en Engeland in Southampton het al die spelers ook die knie gebuig vóór die eerste aflewering afgestuur is.

“Dit maak ʼn mens emosioneel; dit is ’n baie rowwe jaar. Mense begin uiteindelik hul stemme dik te maak en dit is verblydend om te sien hoe die krieketwêreld ook deel daarvan word,” het Ngidi gesê.

“Black Lives Matter. Dit is so eenvoudig soos dit. As ’n nasionale sportbeheerliggaam wat bevoorreg is om meer as 56 miljoen Suid-Afrikaners te verteenwoordig, is dit belangrik dat ons die reuseplatform gebruik om op te voed en te luister; veral wanneer dit by diskriminasie-onderwerpe kom,” het dr. Jacques Faul, KSA se tydelike uitvoerende hoof, Donderdag gesê.

Die 3TeamCricket-wedstryd op 18 Julie sal onder meer gebruik word om ’n boodskap teen rassisme en geslagsgebaseerde geweld uit te stuur.

Lungi Ngidi. Argieffoto.

Nie almal stem egter met Ngidi saam nie.

“Ek glo dat die Proteas teen rassisme moet standpunt inneem, maar as die span opstaan vir Black Lives Matter, terwyl daar geïgnoreer word hoe wit boere daagliks soos diere geslag word, het hulle my stem verloor,” het die voormalige Protea-kolwer, Rudi Steyn, op Facebook gesê.

Pat Symcox, een van die vuurvreters in die 1990’s, het gesê dat Ngidi nie moet probeer om sy sienswyse op die Proteas af te dwing nie.

“Wanneer hy sy volgende ete geniet, moet hy eerder daaraan dink om die boere van Suid-Afrika te ondersteun wat tans onder kwaai druk verkeer.”

Die voormalige Protea-kolwer en afrigter van die Cape Cobras, Ashwell Prince, het op sy beurt gesê dat die Suid-Afrikaanse krieketstelsel gebroke is en dat daar in sy speeldae nooit eenheid in die nasionale kamp was nie.

Hy het op sy amptelike Twitter-rekening ’n insident tydens die Proteas se Australiese toer in 2005 uitgelig.

Volgens Prince het ’n paar Proteas – onder wie Makhaya Ntini en Garnett Kruger – onder rassistiese opmerkings van Aussie-toeskouers deurgeloop.

“Toe ons die voorval tydens die middagete onder die aandag van die span se leierskap bring, het hulle gesê dat dit net sommige toeskouers is en dat ons weer moet gaan speel.”

Mickey Arthur, wat destyds die Suid-Afrikaners op hul Aussie-toer afgerig het, sê egter dat die leierskap die voorval ernstig opgeneem het.

“Ons het beswaar daarteen aangeteken. Die spanbestuur het na Krieket Australië gegaan en hulle het ekstra sekuriteit op die grens geplaas. Soos wat ek onthou, was die hele span baie ontsteld daaroor. Ek kan glad nie onthou dat enige speler gesê het dat ons net weer moet gaan speel nie; die hele insident het ons almal baie beïnvloed,” het Arthur in ’n onderhoud met Cricinfo gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Geen respek vir Ngidi, want hy het geen respek getoon aan van die beste krieket spelers, al was hulle wit, wat SA al opgelewer het. To get respect, you need to give respect!

capie

Kan krieket sa asb iets sê oor die plaasmoorde op blankes. Nee, lyk my die hele lot kruip gat by die kommuniste.

Die Wolf

Tot tyd en wyl KSA ook erken dat WLM(White lives matter), moet daar n totale boikot van krieket ingestel word deur die publiek. Dit gaan nou ook oorspoel na die skole toe. Al wat hulle nou doen ter ille van geld, is om die politieke rassistiese vlam verder aan te blaas. Ek hoop dat meer senior spelers hulle stem by Pat en Boeta sal plaas . Ons sal nou sien wie ruggraat het. Genoeg is genoeg. JF se lam toespraak op TV was totaal lamsakkig.

koos10

KSA, ek is een van die 56 miljoen mense, en ‘n wit mens daarby. Is alle lewens nie dalk belangrik nie? Ek is jammer maar met julle uitspraak, het julle my vervreem van julle af, en ek is baie jammer, want ek is ‘n groot krieket ondersteuner. Sal maar ‘n span soek wat my waardeer en hulle ondersteun.

Alet

FLM – FARMERS LIVES MATTER
BLMS – BOERE LEWENS MAAK SAAK