KSA ‘positief’ ná Saskok-vergadering

Ter illustrasie. Argieffoto.

Krieket Suid-Afrika (KSA) en die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gister oor die stand van krieketadministrasie in die land vergader.

Volgens ’n KSA-verklaring is die organisasie positief oor hoe die verrigtinge verloop het.

“Die vergadering is ’n stap in die regte rigting; veral wat ’n samewerkende benadering in belang van goeie bestuur en uitvoerende bedrywighede betref,” het die verklaring gelui.

Dít kom nadat Saskok genoeg gehad van KSA se administratiewe krisisse en beslis het dat ’n taakspan op die been gebring moet word om die beleërde nasionale krieketbeheerliggaam se doen en late te ondersoek.

Daar was ook berig dat, benewens die taakspan, KSA se raad en ander amptenare (waaronder die tydelike uitvoerende hoof, Kugandrie Govender) aangesê is om voorlopig hul pligte opsy te stel totdat die ondersoek afgehandel is.

Volgens vandag se verklaring sal ’n aanlyn mediakonferensie Donderdag gehou word.

Intussen word berig dat Victor Mpitsang, Hussein Manack en Patrick Moroney onder die kandidate tel om die rol as keurderbaas by Linda Zondi oor te neem.

Mpitsang, wat die Proteas in twee eendagwedstryde verteenwoordig het, is na verwagting die gunsteling.

Daar is egter nog geen aanduiding wanneer Suid-Afrikaanse spanne weer plaaslike óf internasionale krieket sal speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andre ·

Doen wat julle wil.Ons gee regtig nie meer om wie speel,afrig of die badkamers skoonmaak nie.My kat sal ‘n beter kans hê om ‘n sukses hier te maak as die in beheer.

Christo ·

Hulle moet maar maak soos hulle smaak. Ek stel nie belang om ooit weer na SA krieket te kyk of te ondersteun nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.