KSA se hoof voorlopig geskors

Thabang Moroe. Foto: KSA se Twitter-rekening.

Krieket Suid-Afrika (KSA) se uitvoerende hoof, Thabang Moroe, is geskors.

Die skorsing is onmiddellik van krag, maar hy sal steeds sy  salaris ontvang terwyl bewerings van wangedrag teen hom ondersoek word.

In ’n verklaring het KSA vir borge, spelers en ondersteuners se geduld gevra terwyl die Moroe-ondersoek afgehandel word. Die beheerliggaam het onderneem om belanghebbendes op hoogte van die ondersoek te hou.

Intussen sal daar samesprekings, onder andere met Dave Richardson, voormalige Protea-paaltjiewagter en uitvoerende hoof van die Internasionale Krieketraad, gehou word om ’n tydelike uitvoerende hoof vir KSA aan te stel.

Vroeër vandag het een van die Proteas se hoofborge, Standard Bank, aangekondig hy sal nie sy borgskap ná April 2020 hernieu nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bekommerd ·

Ek verstaan nie.Hy het erken hy verkeerd opgetree en selfs verskoning gevra……….nou moet dit eers ondersoek word?

Swartwolf ·

Daar kom die cANCer bestuur styl weer na vore. Kompleet onderprestasie en wanbestuur, dan sit hom op “gardening leave” terwyl hy sy R 1m + per jaar salaris ontvang. Dit gaan aan vir 6 maande of langer, terwyl hy wag om voor een of ander kommisie te verskyn. Dan as die stof gaan le het word hy herontplooi in een of ander snoesige rol waar hy min verantwoordelik het en min skade kan aangerig maar hy verdien steeds sy vet salaris. Patetiese patriagale sisteem, en ons het gedink die NP, Broederbonders en Rapportryers was erg ?

Anje ·

die “kader” sal net weer herontplooi word om iewers anders te gaan droogmaak

Netso ·

Ek ken n bietjie Sotho en die man se naam sê baie: thaba=berg , -ng gekoppel aan n snw=in/by/op. Dus thabang=in die berg. Hy doen sy naam gestand:veroorsaak n berg probleme.

Jerry B ·

Agge nooit shame wat sou hy nou verkeerd gedoen het. Geen probleem met SA krieket nie. Land is in een groot gemors.

Boet Vermeulen ·

Dis darm lekker! Wens ek kan ook geskors word met volle betaling! Die skurk kry eintlik nou 6 maande of dalk nog langer, betaalde verlof! Goeiste! Staak sy pay ook met onmiddelike effek, en kyk of hy nog so breed gaan smile! Hierdie is mos geen srtafmaatreel nie, dis n heerlike onverdiende lang vakansie! Sies man!

Izak ·

Hy het krieket goed opgeneuk, solank ons net vir n paar masnde van hom ontslae kan wees, maak dit nie saak hoe hulle hom uitgekry het nie. In terme van Arbeidawetgewing moet n persoon met Salaris geskors word – reel van onskuldig tot skuldig bewys word

an ·

Kroeket SA is in sy maai GETRANSFORMEER!!!

ANC KADERS het nóg ‘n wêreldklas organisasie VERNIETIG!

Kry nog ‘n Rassie Erasmus om die krieket gemors te gaan fix?

Die enigste oplossing vir KRIEKET SA is dat die oud spelers ‘n NUWE Professionele Krieket vereniging stig.

Die BEE vrotspul by die huidige KSA is onherstelbaar!

George in Bloem ·

Wou iets se maar MM se sensuur kolonel is weer op sy/haar pos sien ek…….

aj ·

Wie het die “wrecking ball” CEO Thabang Moroe anngestel? Hy het hom nie SELF aangestel nie!

Dié, wie hom aangestel het, het waarskynlik die “buit” (bruin koeverte) met hom gedeel … en behoort mede aanspreeklikheid te aanvaar vir die land se KRIEKET RAMP … en die verlore geld help TERUGBETAAL.

Soos met Zuma! Hy het hom ook nie SELF aangestel nie … Malema en Vavi (en ‘n patronaat netwerk) het Zuma aangestel … hulle moet verantwoording doen (pay back the money!) vir die SA RAMP wat hulle veroorsaak het.

Ook die regsgeleerdes wat ruim voordeel getrek het uit die REGSVERYDELING en -DWARSBOMING wat hulle gepleeg het. (Pay back the money!)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.