KSA-toernooi van baan, SA verloor aansien

Wie is aanspreeklik en wat sal die impak op die gekontrakteerde spelers wees?

Dít is die vraag nádat die T20 Global League (T20GL) se uitstel wat Dinsdag bekend gemaak is. Die toernooi sal nou hopelik oor ʼn jaar die lig sien.

Die reeks, op dieselfde lees as die jaarlike IPL-toernooi in Indië en die Carribean Premier League (CPL) in Wes-Indië geskoei, sou aanstaande maan afskop, maar daar is nou gevind die begroting sou nie klop nie en dat die spelers nie betaal sou kon word nie.

Volgens ʼn mediaverklaring sou die verlies sowat $8 miljoen oor die volgende paar jaar gewees het. Hierdie bedrag sal verfyn kan word nadat ondersoeke afgehandel is, meen die tussentydse uitvoerende hoof  van krieket-Suid-Afrika (KSA), Thabang Moroe.

Hy het dit duidelik gestel dat daar opgetree sal word teen diegene wat vir die situasie verantwoordelik is.

Een van die logiese vrae is of die bedanking van Haroon Lorgat as uitvoerende hoof van KSA met die kwessie te make het. Lorgat was die man wat die daarstelling van die toernooi gedryf het.

Dit het glo op die borgskappe van groot maatskappye staatgemaak.

Daar is duidelik nie goeie rekenkundige vooruitskattings gedoen nie en die gevoel by de KSA is dat dit beter sou wees om moontlike tekorte nou eerder as later te stuit.

Bykomstig tot die verlore aansien van KSA in die aangeleentheid is daar natuurlik  die effek wat die toernooi se kansellasie op die gekontrakteerde spelers van oor die krieketspelende wêreld sou hê wat aan die toernooi sou deelneem.  Van hulle is nou vir sowat ses weke in November en Desember sonder werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Net nog ‘n onbeholpe amptenaar wat sy/hulle vermoëns oorskat het. En die privaatsektor wat begin gatvol raak daarvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.