Kyk: Foutbaldrama stook As-vuur

Engeland se Ben Stokes. Foto: Dan Peled/AFP.

Die veglustige Ben Stokes het vanoggend David Warner se paaltjie gevier nadat hy die Australiese openingskolwer in Brisbane skoongeboul het.

Sy feesviering was egter van korte duur nadat die televisieskeidsregter beslis het dat die aflewering ’n foutbal was.

Verdere ondersoek het getoon dat Stokes se eerste drie aflewerings van die beurt óók foutballe was – ’n vreemde verskynsel in hedendaagse krieket waar tegnologie ingespan word om foutballe uit te wys.

Volgens berigte uit Australië was daar ’n tegniese haakplekkie en die TV-skeidsregter kan slegs vir moontlike foutballe soek wanneer daar ’n paaltjie val.

Daar is later bevind dat Stokes 14 foutballe in sy eerste vyf boulbeurte afgestuur het.

Warner – wat met sy telling op 17 deur Stokes skoongeboul is – is uiteindelik vir 94 lopies uitgehaal en hy het saam met Marnus Labuschagne (74) ’n vennootskap van 156 om die tweede paaltjie geniet.

Hoewel Ollie Robinson (3/48) ’n Engelse herlewing met die paaltjies van Warner en Cameron Green (0) ingelui het, het Travis Head ’n briljante honderdtal geslaan om die tuisspan se voorsprong te rek.

Die Aussies het tans 343/7 op die telbord in antwoord op Engeland se eerstebeurtpoging van 147.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elinette ·

Ben Stokes – hy’s mos die ou wat vir dronkbestuur aangekeer is omdat hy heen-en-weer oor die pad gery het en toe weet hy vir die beampte te vertel dat hy net vir ‘n hond uitgeswaai het. Daarna het ek hom spottenderwys altyd “ou Dronk Hond” genoem!

Pierre ·

Jare terug het skeidsregters self gekyk sonder die hulp van kringtelevisie waarom het die skeidsregter nie sy werk gedoen nie?

Moedeloos ·

Het ek ook nou gewonder. Die skeidsregter moes dit mos raakgesien het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.