Kyk: Hashim Amla draai die horlosie terug

Hashim Amla. (Argieffoto: AP Photo/Rick Rycroft)

Hashim Amla versinnebeeld die geykte sportuitdrukking dat spelpeil net tydelik is, terwyl styl en ’n speler se behendigheid met die wilgerlat meer permanent van aard is.

Die Protea-lopiemasjien het in die vorige Wêreldbeker-kriekettoernooi met die kolf gesukkel, maar nou, op 38-jarige ouderdom, ryg hy die een meesterlike vertoning na die ander vir Surrey in die Engelse County-kampioenskap in.

Hy het in Surrey se eerste beurt teen Gloucestershire ’n honderdtal (103*) aangeteken en in die proses met die hele sak Amla-patats vorendag gekom: Van die sweepslaghou vanaf sy beenskutte na die bykantgrens tot daardie swierige kaphou verby die puntveldwerker.

Amla het onder meer vier grenshoue binne die bestek van tien aflewerings vanaf Dan Worrall se boulwerk gemoker.

En in ’n era waar die Protea-kolflys maar broos voorkom, verlang ’n mens na die dae van Jacques Kallis, Hashim Amla, AB de Villiers en Graeme Smith.

Benewens sy jongste honderdtal het hy ’n paar wedstryde vantevore ’n onoorwonne dubbelhonderdtal (215) teen Hampshire gemoker.

Die Cobras-kolwer David Bedingham (634) tel steeds onder die voorste lopiemakers in die reeks, terwyl Simon Harmer (34) en Kyle Abbott (33) gereeld kolwers terug na die kleedkamer stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack Russ1

Ek sal nou nie sê hy ryg die vertonings in nie. Einde April ‘n goeie 215* gemaak. En toe 3 wedstryde waar hy nie 30 gemaak het nie

Frank

Jack Russ, ek wou presies dit sê, toe sê jy dit!!