Langer speelure ná Nuweland-reën

Die hele derde dag van die eerste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Indië op Nuweland het Sondag weens reën verlore gegaan en ekstra boulbeurte sal op die laaste twee dae ingepas word om die verlore tyd gedeeltelik in te haal.

Kaapstad het die reën bitter nodig ná ʼn lang droogte, hoewel die vernaamste opvangsgebiede vir Kaapstad nie in die stad self is nie. Tog was dit welkome verligting van die afgelope dae se droë hitte.

Hoewel spel Maandag en Dinsdag steeds om 10:30 sal begin, sal daar op die twee dae 98 beurte pleks van die gewone 90 geboul word – iets wat in die Kaap heel moontlik sal wees weens die son wat so laat ondergaan.

Hashim Amla (4) en Kagiso Rabada (2) sal Suid-Afrika se beurt op 62/2, 142 lopies voor Indië, voortsit.

Vir die telkaart en statistieke, klik op die skakel http://www.espncricinfo.com/series/18065/scorecard/1122276/south-africa-vs-india-1st-test-ind-in-sa-2017-18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter van der Dussen Senior ·

Wat is belangriker: Kaapstad se waternood, of die krieket? Onthou hoedat die fietswedren enkele maande gelede deur ‘n storm beëindig is, toe die droogte in die Wes-Kaap op die ergste was? Albei gebeurtenisse op die dag van die HERE wat reen en wind en storms in Sy hand hou as tugmiddels oor die verwarde mensdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.