
Hy mag dalk in sy laaste paar IPL-wedstryde gesukkel het, maar daar is min kolwers wat dieselfde houe as AB de Villiers kan speel. Foto: Manjunath Kiran/AFP.
AB de Villiers het steeds die 19de meeste lopies (313 lopies teen ’n gemiddeld van 31,30 en ’n treftempo van 148,34) in vanjaar se Indiese Premierliga geslaan, maar hy het gesukkel sedert die toernooi weer in die Verenigde Arabiese Emirate hervat is.
Andre Russell het hom vir ’n nulletjie skoongeboul, terwyl Sunil Narine hom in die uitspeelwedstryd laat les opsê het.
In agt wedstryde het hy net 106 lopies teen ’n gemiddeld van 17,6 geslaan; glad nie die De Villiers van ouds wat so gereeld soos klokslag wedstryde vir die die Royal Challengers Bangalore gewen het nie.
Nou meen Brian Lara, die Wes-Indiese krieketlegende, dat RCB dalk vir De Villiers die trekpas moet gee. Hy is immers volgende jaar reeds 38 jaar oud.
“Waarom wil jy vir AB de Villiers behou as hy nie lopies slaan of jonger word nie?” het Lara gevra.
Die Wes-Indiër se mening word deur dié van Gautam Gambhir ondersteun. Die voormalige Indiese openingskolwer het gesê dat De Villiers nie RCB se toekoms is nie; ’n speler soos Glenn Maxwell is wel.
Tog het Virat Kholi (RCB-kaptein en een van De Villiers se boesemvriende) gesê dat die Suid-Afrikaner nog tot op 40-jarige ouderdom ’n gevaarlike krieketspeler sal wees, terwyl Kevin Pietersen ook sy lof besing het.
“Ek dink nie eens dit sal saak maak as AB de Villiers vir drie agtereenvolgende nulletjies uitgehaal word nie; sy getuigskrif is net te indrukwekkend,” het Pietersen gesê.
De Villiers het in 184 IPL-wedstryde 5 162 lopies teen ’n gemiddeld van 39,70 en ’n treftempo van 151,68 geslaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Brian ek hou van jou oupa maar Ab op sy af dag is nogsteeds beter as jy op jou beste dag.
.
Dalk moet Lara met sy eie Chris Gayle ook so bietjie gesels.
Die mens kom..
Die mens gaan..
Die Sand in die uurglas !!