Legendes se kolwe flits teen Bangladesj

Andrew Puttick en Morné van Wyk. Foto: Twitter.

’n Paar seisoene terug het Graeme Smith en Neil McKenzie ’n openingsvennootskap van 415 lopies in ’n toets teen Bangladesj geniet.

Gister het die Proteas se legendes-span amper iets soortgelyks vermag toe die spanlede Bangladesj met tien paaltjies in die Road Safety-wêreldreeks gelooi het. En oudergewoonte was dit die Suid-Afrikaners se openingskolwers wat die boulers die skrik op die lyf gejaag het.

Andrew Puttick en Morné van Wyk het ’n openingsvennootskap van 161 lopies geslaan om toe te sien dat Jonty Rhodes se span die wedstryd binne 20 boulbeurte gewen het.

Veral Puttick was op sy aanvallende beste en die voormalige WP-kolwer het 82 van 54 aflewerings gemoker. Sy beurt het nege viere en ’n ses ingesluit.

Vroeër het Makhaya Ntini (2/26) en Thandi Tshabalala (2/33) weer eens met die bal uitgeblink om Bangladesj tot 160/9 te beperk.

Die Suid-Afrikaanse legendes is tans derde op die punteleer en dit lyk asof hulle deel van die halfeindstrydaksie sal wees.

  • Hoe dinge op die punteleer lyk:
  1. Indië
  2. Sri Lanka
  3. Suid-Afrika
  4. Engeland
  5. Wes-Indiese Eilande
  6. Bangladesj
  7. Australië
  • Van die voorste kolwers in die reeks:

Andrew Puttick (Suid-Afrika): 185 lopies teen ’n gemiddeld van 61,66

Virender Sehwag (Indië): 169 lopies teen ’n gemiddeld van 56,33

Kevin Pietersen (Engeland): 139 lopies teen ’n gemiddeld van 34,75

Brian Lara (Wes-Indiese Eilande): 105 lopies teen ’n gemiddeld van 52,50

Jonty Rhodes (Suid-Afrika): 94 lopies teen ’n gemiddeld van 94,00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kirst ·

Vir die wat belangstel; die wedstryde kan gratis op YouTube gekyk word. Maak net lg oop en tik Road Safety World Series 2021 op die soekbalk in.

Raakvatter ·

Awesome, dankie Kirst. Ek al oral gesoek waar ek kan kyk!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.