Malan: Meeste punte nóg deur ’n kolwer op T20-punteleer

Dawid Malan op die oorlogspad teen die Proteas. Foto: Rodger Bosch/AFP.

Ná sy spogbeurte van 55 en 99* teen Suid-Afrika in die afgelope reeks het Dawid Malan ’n unieke mylpaal bereik.

Die oudleerling van Paarl Boys’ High in die Wes-Kaap – die wêreld se voorste T20-kolwer – het nou 915 punte op die kolfranglys nadat hy 173 lopies teen ’n treftempo van 161,68 teen die Proteas gemoker het.

Dit is die meeste nóg deur ’n kolwer in krieket se mik-en-moker-formaat.

Te midde van die Proteas se nagmerrie-vertonings in die reeks, tel Suid-Afrika se Rassie van der Dussen vir die eerste keer in sy kort internasionale loopbaan onder die vyf beste T20-kolwers in die wêreld.

Die 31-jarige kolwer is net een keer in die reeks uitgehaal, terwyl hy 136 lopies teen ’n treftempo van 152,80 gemoker het.

Die wêreld se voorste T20-kolwers:

  1. Dawid Malan (Engeland) 915 punte
  2. Babar Azam (Pakistan) 871 punte
  3. Aaron Finch (Australië) 835 punte
  4. Lokesh Rahul (Indië) 824 punte
  5. Rassie van der Dussen (Suid-Afrika) 744 punte

Die wêreld se voorste T20-boulers:

  1. Rashid Khan (Afganistan) 736 punte
  2. Mujeeb Ur Rahman (Afganistan) 730 punte
  3. Ashton Agar (Australië) 706 punte
  4. Adil Rashid (Engeland) 700 punte
  5. Tabraiz Shamsi (Suid-Afrika) 680 punte

 

  • Intussen sal Faf du Plessis nie deel van die Protea-planne vir die komende eendagreeks teen die Engelse toerspan wees nie.

Faf du Plessis (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Die 36-jarige was een van die Chennai Super Kings se sterre in die Indiese Premierliga, terwyl hy 121 lopies in die afgelope reeks teen Engeland geslaan het.

Kagiso Rabada (besering) sal ook die reeks misloop, terwyl Pite van Biljon, Bjorn Fortuin en Reeza Hendricks ook nie deel van die aksie sal wees nie.

Proteas se eendaggroep: Quinton de Kock (kaptein), Temba Bavuma, Junior Dala, Beuran Hendricks, Heinrich Klaasen, George Linde, Keshav Maharaj, Janneman Malan, David Miller, Lungi Ngidi, Anrich Nortje, Andile Phehlukwayo, Tabraiz Shamsi, Lutho Sipamla, Jon-Jon Smuts, Glenton Stuurman, Rassie van der Dussen en Kyle Verreynne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rentia ·

Nee wat… vandat hulle begin kniel het kan ek regtig geen veer voel of hulle wen of verloor nie..

Jakes ·

Shamsi boul baie beter vandat hy nie meer sy skoen uit trek en bel nie. As daar minder gekniel was en eerder op krieket gekonsentreer word sal die Proteas dalk weer n krag in krieket word.

Dirk Mostert ·

Die Proteas se kwota-boulers het hul kant gebrink vir die Engelse. Ek het na ons 13e boulbeurt gaan slaap. Die groep vir die eendagtoetse het al die passasiers/wedstrydverloorders behou.

JBN ·

Ek hoop hierdie Anc kwotaspan kry weer n ordentlike loesing van die merietespan in die eendagreeks. Dit is baie lekker as meriete seëvier. Ons is moeg vir hierdie rassistiese kwotabeleid.

Alexander ·

Kwotas het sport vernietig. Ek speel eerder met my honde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.