Markram se kolf doen die praatwerk in Indië

Aiden Markram. Foto: Facebook.

Die 24-jarige Aiden Markram het vir die ander Protea-kolwers gewys hoe daar in Indië gespeel moet word toe hy ’n skitterende honderdtal in die opwarmingswedstryd teen ’n Indiese uitnodigingspan in Vizianagaram aangeteken het.

Nadat reënweer die eerste dag van die driedagwedstryd in die wiele gery het, het die Suid-Afrikaners die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Dean Elgar (6), Theuns du Bruyn (6), Zubayr Hamza (22) en Faf du Plessis (9) is almal goedkoop uitgehaal, maar Markram het gepronk.

Dié Titans-speler het 20 grenshoue in sy beurt geslaan en sy honderdtal is binne 120 aflewerings aangeteken. Hy is goed deur Temba Bavuma (55*) bygestaan.

Die Proteas is tans 199/4 met Bavuma nog voor die paaltjies. Spel is egter weer eens deur reën onderbreek.

  • Die eerste toets tussen Indië en Suid-Afrika begin op 2 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Baie mooi. 2 Goeie beurte in ‘n ry. Hoop net hy dra dit oor na die toetsreeks, want vele kere doen spelers goed maar val vas wanneer dit kom by die toetse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.