Mik-en-moker-reeks bly op SAUK

Ter illustrasie. Argieffoto.

Die tweede weergawe van Krieket Suid-Afrika se Mzansi Superliga sal weer eens deur die SAUK uitgesaai word.

Ondanks die openbare uitsaaier se finansiële verknorsing – die regering het vroeër ’n reddingsboei van ’n hele paar miljard rand in hul rigting gegooi en hulle sukkel nog om die regte te bekom om die Premier Sokkerliga uit te saai – het die nasionale krieketraad op die SAUK besluit om die T20-skouspel uit te saai.

“Ons sit met slegs twee uitsaaiers in die land wat dit kan bekostig om krieket uit te saai: die SAUK en SuperSport,” het KSA se hoof- uitvoerende beampte, Thabang Moroe, gesê.

“Dit is dus voor die hand liggend dat KSA nie veel plek het om te beweeg wat die besluitnemingsproses betref nie.

Reeza Hendricks was vroeër een van Mzansi se beste kolwers. Foto: Facebook.

“Soos wat dinge tans staan, is ons eintlik in ’n bevoorregte posisie in die opsig dat ons internasionale krieket deur die openbare uitsaaier, asook die betaalkanaal kan uitsaai. Natuurlik het nie een van hulle eksklusiewe regte nie. Ons kry nie dieselfde waarde as ons enigeen van hulle eksklusiwiteit gee nie, maar dit is die pyn waardeur mens moet gaan as jy die spel onder almal wil bevorder.”

Van Suid-Afrika se beste T20-spelers soos David Miller, Dale Steyn, Cameron Delport en Sarel Erwee het reeds aangedui dat hulle weer deel van die aksie sal wees.

Die spelerveiling begin binnekort en die eerste grenshou in die toernooi sal Novembermaand geslaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

WIEBO ·

Ja, dit sal seker weer in Survivor se tydgleuf uitgesaai word. Daar is mos sport kanale daarvoor, maar nee, SABC kan nie dink nie………………….

Koos ·

Eish daai eerste foto in die berig wys seker hoe ver die SABC gevorder het die afgelope 25 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.