Miller se kolf doen die praatwerk

Kagiso Rabada en David Miller vier die Proteas se oorwinning. Rabada se ses in die voorlaaste boulbeurt was ook van groot waarde. Foto: Indranil Mukherjee/AFP.

Kan jy dit oorvertel?

Die Proteas het vandag vir Sri Lanka met vier paaltjies geklop nadat Wanindu Hasaranga drie kolwers van agtereenvolgende aflewerings terug na die kleedkamer gestuur het.

Die Sri Lankaanse draaier het van Aiden Markram, Temba Bavuma en Dwaine Pretorius ontslae geraak om toe te sien dat die Suid-Afrikaners uiteindelik 15 lopies van die laaste boulbeurt nodig gehad het.

Die momentum was ongetwyfeld aan die eilandmanne se kant, want vir diegene wat nie weet nie: Die Proteas sukkel normaalweg om in ’n Wêreldbeker-wedstryd die wa deur die drif te trek; en hierdie drif se vastrapplek het maar bra glibberig gelyk.

Maar David Miller (23 van 13 balle) het twee agtereenvolgende sesse van Lahiru Kumara se boulwerk geslaan, terwyl die buiterand van Kagiso Rabada (13 van 7 balle) se kolf vir die wenlopies gesorg het.

Vóór al hierdie drama het Tabraiz Shamsi (3/17) saam met Pretorius (3/17) en Anrich Nortjé (2/27) toegesien dat Sri Lanka vir 142 uitgehaal is.

’n Mens weet egter dat die Suid-Afrikaanse boulers hulle goed van hul taak gaan kwyt; dit is die kolwers wat gereeld harde bene kou.

Reeza Hendricks en Quinton de Kock het hul paaltjies in dieselfde boulbeurt verloor, terwyl Temba Bavuma dalk weer te stadig vir ’n T20-wedstryd gekolf het.

Ja, ’n ankerbeurt is altyd welkom; maar dit lyk asof Bavuma net pleinweg sukkel, eerder as om met ’n plan te kolf.

Gelukkig kon Miller en Kie. die kastaiings uit die vuur krap.

Dit is goed om te sien dat die Proteas ook sulke wedstryde kan wen. Só ’n sege beteken waarskynlik meer vir hul spangees as enige ander gebaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

piet ·

Puik kapteinsbeurt deur Bavuma. Die gom wat die span bymekaar hou terwyl die manne een vir een om hom val. Rassie het die vorige wedstryd die ankerbeurt gespeel en het nog stadiger as Bavuma gekolf maar dit het gewerk. Voorwaarts mars.

piet ·

Suurgat omdat die Proteas ALWEER gewen het. Lekker man, lekker.

Dirk Mostert ·

Puik kapteinsbeurt se voet! As 120% benodig word is 100% nie goed genoeg nie. Bavuma is net betyds uit. Pretorius se desperate hou was die gevolg van Bavuma wat te veel balle gemors het. Miller en Rabada was die enigste kolwers wat teen die vereiste tempo gekolf het.

N ·

Jou ou piet verdriet. Duik ook altyd op met jou anti-wit kommentaar.

Chrisp ·

Noem hom PT of dan Piet Troll dit is blykbaar sy regte naam:)

Keelvol ·

Het hulle eers weer die ou kniegie gebuig met die armsalige ou vuisie in die lug….

Dirk Mostert ·

Bavuma het die boulers onoordeelkundig gebruik. Maharaj moes na 33 lopies in 3 beurte onttrek word, terwyl Pretorius net 3 ipv 4 bb gekry het. Markram is na 2 goeie bb onttrek. Rabada se derde bb was ‘n ramp.

piet ·

Dis ‘n mite dat Bavuma stadig kolf. Hy eindig gewoonlik met ‘n kolftempo van vinniger as ‘n lopie ‘n bal, kyk maar. Hy het byvoorbeeld in hierdie beurt presies teen ‘n lopie per bal gekolf wat vinniger as Markram en Hendricks was. Siende dat hy ‘n skitter ankerbeurt van 46 gespeel het en basies gesorg het dat die kolfbeurt nie soos gewoonlik in duie stort nie, verdien hy baie meer lof as die alewige, ongegronde kritiek. So lekker om die moaners verkeerd te bewys deur net die amptelike statistieke te noem. So terloops – Rabada het die vinnigste kolftempo gehad, selfs vinniger as Miller.

piet ·

As dit nie vir Bavuma se 46 was nie, het ons definitief hierdie wedstryd verloor.

Jakes ·

Kom nou, SA sal nie eers die semis haal nie, doodeenvoudig net nie wereldgehalte nie. Hulle konsentreer liewer op kniebuig as krieket.

Nicolaas Hendrik ·

Die wat nog krieket kyk, buig seker ook julle knieg in die sitkamer

piet ·

Dis vir ‘n goeie saak. so ja, ek sal kniebuig om anti-rassisme te bevorder.

Nicolaas Hendrik ·

Piet jy noem dit goeie, jy is maar soos die boere oorlog, veraaier ons is nie anti rasme nie my huishoudster werk al 17 jaar vir my, dit gaan oor ALM nie net BLM nie, jou kommunis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.