Minister tik KSA op vingers oor transformasie

Nathi Mthethwa (Foto: Twitter)

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Krieket Suid-Afrika (KSA) se toewyding jeens transformasie bevraagteken.

Hoewel KSA sy transformasieteikens vir die 2018/’19-seisoen op die speelveld bereik het, meen Mthethwa daar is nie genoeg swart mense in bestuursposisies nie.

Die voormalige uitvoerende hoof van die nasionale krieketbeheerliggaam, Thabang Moroe, is steeds geskors. Dr. Jacques Faul is sedert Desember 2019 tydelik in dié amp aangestel. Sedertdien is Graeme Smith (direkteur van krieket), Mark Boucher (hoofafrigter) en Jacques Kallis (kolfwerk-spesialis) aangestel.

Enoch Nkwe, wat aan die stuur van die Proteas op hul rampspoedige toer na Indië was, is as Boucher se adjudant aangestel, terwyl Charl Langeveldt en Justin Ontong onderskeidelik as die boul- en veldwerkafrigter aangewys is.

In die Moroe-era het verskeie borge hul ontevredenheid oor die stand van krieketsake in die land uitgespreek, terwyl ’n gesoute administrateur soos dr. Ali Bacher onder meer gesê het dat Suid-Afrika die grap van wêreldkrieket is. Boonop het KSA in September 2019 in ’n verklaring aangedui dat hy ’n verlies van R200 miljoen gely het.

Hoewel die Boucher-era aanvanklik wankelrig teen Engeland begin het, het hulle sterk in die eendagreeks teen Australië vertoon, met spelers soos Kyle Verreynne en Janneman Malan wat hul stempels op internasionale krieket afgedruk het.

Volgens Cricinfo het ’n veglustige Mthethwa vir Chris Nenzani, KSA-president, Vrydag (19 Junie) tydens ’n parlementêre sessie geroskam.

Nenzani is onder meer gevra of die aanstellings van Faul, Smith en Boucher nie ’n stap in die verkeerde rigting rakende die transformasie van die sport is nie, veral omdat Faul en Boucher onderskeidelik die rolle van Moroe en Nkwe oorgeneem het.

Nenzani het geantwoord dat die aanstellings op meriete gedoen is, waarop Mthethwa geantwoord het dat dié stelling ’n belediging is.

“Wanneer jy na die top-struktuur kyk, kyk jy na kernposte soos die uitvoerende hoof, die direkteur van krieket en die afrigter. Tans is net die assistent-afrigter swart.”

Boonop is KSA se 3TeamCricket-inisiatief ook voorlopig afgelas.

Sterre soos AB de Villiers, Quinton de Kock en Kagiso Rabada sou op 27 Junie agter geslote deure op SuperSportpark in Centurion weer hul kriekettoerusting vir dié splinternuwe formaat nadergesleep het.

Mthethwa het egter ook ’n stokkie hiervoor gesteek.

Volgens die minister is KSA se versoek om die wedstryd aan te bied nog nie goedgekeur nie.

“Daar is ’n klomp dinge wat eers aandag moet kry en ons is in volgehoue gesprekke met die departement van gesondheid. Mense word vir Covid-19 getoets en ons wil daardie detail hê om te sien of enige van die spelers positief getoets het.”

KSA het Saterdag ’n verklaring uitgereik en gesê dat meer voorbereidingswerk – waaronder die nodige toestemming – nodig is voordat die wedstryd aangebied kan word. ’n Nuwe datum sal binnekort bekend gemaak word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ronel ·

Transformasie het alreeds meeste ander goed opgetoffie, laat hulle sport ook nie optofffie asb. Stig dan onafhanklike unies en ding mee teen getransformeerde sporte….

mattk ·

Alles moet swart….. alles wat deur die blanke begin, gevestig en suksesvol bestuur is, is deur wetgewing en transformasie gedwing om deur swartes oorgeneem en bestuur te word…… en tot dusver is alles basies tot in bankrotskap in bestuur, en nog is dit die einde niet. Blyk my dat magsdronkheid hierdie mense sal dryf en reeds besig is om te dryf tot hulle niks oor het nie en dan, dan blameer ons weereens apartheid vir die toestand waarin hulle dit bestuur het.

koos10 ·

Hi. Voel jy bietjie afgeskeep vir die laaste tyd en wil nou net kom nonsens praat? Ek is gatvol verby vir alles en almal wat ons as wit mense wil vertrap. Sê asb waar ons heen kan gaan en help ons dat ons kan gaan, dat julle die land finaal kan sink.

Andre ·

Alles moet mos deur die staat bestuur word en net sulke goeie resultate hê as SBE’s. Slaap voort, die heersers is baie naby om SA oor te neem. Dan kan jy agterkom wat werk beteken.

Jaco ·

Daar was 26 jaar tyd om te transformeer. Waarom dan nou eers kla? Dis in elk geval absurd dat wit mense in bestuursposte in 2020 dink hulle gaan nog daarmee wegkom. As jy wit is, BLY WEG van bestuursposte af. Die ekstra geld beteken net ekstra probleme en ekstra met arendsoe dopgehou word vir die geringste ietsie verkeerd, wat dan DADELIK rassisme genoem word. Ek bly veel eerder met minder geld maar net ‘n gewone werker. Die job security is eintlik dan beter, al is ek wit.

Alexander ·

Net nog ‘n bewys dat uitnemendheid em prestasie gegrond op meriete niks tel vir die ANC nie. Rasse ideologie en haatgedrewe beleide is al wat vir hulle tel. Krieket het al soveel skade gekry weens wedstrydknoeiery. Met hierdie politieke inmenging gaan krieket net dieper die moeras ingetrek word.

david ·

Ek het gisteraand op televisie na hierdie minister se uitsprake geluister.
Daar word vertel dat Henry Ford. die oorspronklike eienaar van die Ford
motorfabriek deur sy bestuurder gevra is oor kleure wat die Ford motoers
geverf moes word….Henry Ford het geantwoord:
“You can paint it any colour you like, as long as it is black…”
Hierdie minister se eintlik dieselfde:
Julle kan enigeen aanstel. solank hy swart is…
Wat ‘n aarts rassis is die man darem nie……

MAGRIETHA ·

Krieket was alreeds in die afgrond in smith en kie moes kom red wat te redde is en was sukselvol tot covid 9 ingetree het maar met die minister se uitsprake kan ons maar vergeet vergeet van wereldbeker ook poitiek moet uit sport bly en sa word weer die beste ja en so gaan ons jonger spelers oorsee en floreer daar

lodewyk ·

Man laat hulle aangaan oor transformasie-ek was n groot sports aanhanger,maar met al die politiek in ons Sport stel ek nie meer belang nie-ek het baie beter goed om te doen nou-Stadiums gaan leeg loop en verval

Jack ·

Die minister se opmerkings bevestig maar net weereens dat hy nie die skerpste mes in die ANC se kombuiskaslaai is nie. As ek reg onthou het hy elke keer as hy in ‘n ander misnisterspos aangestel is agteruit geboer deur ‘n minder belangrike ministerie te kry. Was hy nie eens op ‘n tyd Minister van Justisie nie en nou Minister van sport. As hulle vandag sy Ministerie sluit sal niemand dit agterkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.