Moet ons nie maar vir Faf bel?

Faf du Plessis op pad na sy honderdtal in die Wes-Indiese Eilande. Foto: Twitter.

Die Protea-span vir die komende T20-Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate word môre om 12:00 op SuperSport bekend gemaak.

En nadat die Sri Lankaanse draaiers gisteraand die Suid-Afrikaanse kolwers gemesmeraais het, is dit nie dalk tyd om vir Faf du Plessis te bel nie?

Want selfs op 37-jarige ouderdom sal hy waarskynlik nie swakker as die ander Protea-kolwers teen draaiboulwerk vaar nie.

Daarbenewens is hy op dreef in die Karibiese Eilande – hy het onlangs ’n onoorwonne 120 (die hoogste telling van sy T20-loopbaan) vir die St Lucia Kings in die CPL geslaan.

Hy het teen ’n treftempo van 200 gekolf en sy beurt het 13 viere en vyf sesse ingeslaan – glad nie sleg vir iemand wat vir ’n hele ruk op die kantlyn met harsingskudding was nie.

“Daar is nog baie krieket wat vanjaar gespeel moet word en om drie maande aan die verkeerde kant van die grens te wees, is nie baie lekker nie. Ek sien baie daarna uit om weer te speel,” het ’n veglustige Du Plessis vóór die plaaslike Karibiese reeks gesê

Dan (en veral ná nóg ’n Protea-kolfineenstorting) sal sy ondervinding op stadige kolfblaaie van groot waarde wees.

Du Plessis kan die lopiesslaan-druk van Quinton de Kock se skouers haal. Foto: (AP Photo/Kirsty Wigglesworth)

Toe die Indiese Premierliga – die toernooi wat ongelooflike T20-krieket opdis – vroeër vanjaar opgeskort is, was Du Plessis een van die voorste kolwers. In sewe beurte vir die Chennai Super Kings het hy sy lopies teen ’n gemiddeld van 64 geslaan.

Hy het in sy IPL-loopbaan van 91 wedstryde reeds 2 622 lopies teen ’n gemiddeld van net onder 35 en ’n treftempo van 131,03 gemoker.

In ’n perfekte wêreld sou die Suid-Afrikaanse keurders waarskynlik reeds ’n WhatsApp na Du Plessis gestuur het om vir hom te sê dat hy môre SuperSport moet kyk.

Maar het hulle dit gedoen?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

N ·

Dis omdat politiek en rasse kwessies met sport gemeng word. Nathi Mthethwa dryf die sport nog meer in die afgrond in. Buig maar weer julle knieë dalk help dit.

piet ·

Hoekom moet hy gebel word en gelek word om te kom speel? Soos AB wil hy nie meer speel nie, los hulle. Het ook maar vir ‘n lang tyd gesukkel met die kolf, weet nie of sy insluiting juis ‘n verbetering sal wees nie.

Willi ·

Miskien moet Faf maar die knie buig en liewer by die huis bly, sy speeldae is lankal verby, veral nou dat hy so opgehewe word omdat hy teen die blinde skool in Karibiese Eilande speel wat geen kompetisie is nie.

Willem ·

Wie gee om…ek volg nie meer nadat die kniebuigertjies hulle siele gaan verkoop het nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.