Mthethwa dreig KSA met ‘sanksies’

Die minister van sport, Nathi Mthethwa. (Argieffoto)

Die minister van sport, Nathi Mthethwa, het Krieket Suid-Afrika (KSA) met sanksies gedreig nadat krieket se lederaad die tussentydse raad wat die minister aangestel het om krieket se sinkende skip te probeer red, verwerp het.

ʼn Oënskynlik woedende Mthethwa sê hy is uiters ontsteld en teleurgesteld oor Rihan Richards se besluit.

Mthethwa sê hy wil dit op skrif stel dat hy ook nog nie die mag wat hy ingevolge die Wet op Sport en Ontspanning het, uitgeoefen het nie.

“Dit is duidelik dat krieket in ʼn absolute warboel is en dat my ingryping ingevolge die wet nie net genoodsaak sou wees nie, maar ook geregverdig,” sê Mthethwa.

Hy sê die lederaad het die mislukkings van die vorige raad van KSA erken deur die raad in die pad te steek. ʼn Hele aantal raadslede het ook hul mislukkings erken deur te bedank, het Mthethwa gesê.

“Die sport steier van die een krisis na die volgende op ʼn bykans daaglikse grondslag. In die omstandighede sal ek my wetlike en grondwetlike plig versuim deur nie in te gryp in wat niks anders is as die swak bestuur van ʼn sport wat ʼn nasionale bate is en aan al die mense van Suid-Afrika behoort nie.”

Mthethwa sê dit is betreurenswaardig dat Richards besluit het om nie die tussentydse raad te erken nie. Hy het reeds ʼn brief aan Richards geskryf waarin hy hom vra om die besluit te heroorweeg en die raad te erken.

Sou hy dit nié doen nie, sal “ek nie huiwer om die sankies wat ingevolge die wet aan my beskikbaar is, in te stel nie”.

Die minister sê hy staan nou al bykans twee weke lank op die kantlyn en was tot dusver beïndruk met die tussentydse raad se ywer, spoed, geesdrif en onafhanklikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag gee my krag vir die ou! Al WEER jy Nathi Mthethwa pfftt! Jy dreig al weer. Trappe van vergelykings dom dommer domste tsssk man

Andre ·

Hy moet maar alle wedstryde vooraf die wenners bepaal om die moeilikhede te vermy.

Pieter ·

Ontspan Comrade. Krieket is ‘n koloniale sport en dus ‘n sonde. Laat krieket sink en vervang dit met die inheemse Rietdans.

koos10 ·

So ook sanksies. Snaaks dat hulle atyd wil gebruik waarteen hulle baklei het!

Dubbelloop ·

Krieket moet maar sink saam met al die blm ondersteuners en laat daar ń nuwe krieket span wat absoluut op meriete gekies word wat SA kan verteenwoordig. Daar is genoeg spelers wat in ń gedugte span kan ontwikkel Geen politieke inmenging nie.

Derek ·

Ons is nou almal gatvol vir die politieke inmenging in wat veronderstel is om n demokrasie te wees. Hierdie ou wil net he alles moet volgens sy plan verloop en gun nie KSA die geleentheid om hul demokratiese reg uit te oefen nie, want hy verstaan nie demokrasie nie en interpreteer “mag”as demokrasie. Wat n disaster is ons land nie, regtig baie siek met sulke tipe leiers!

Vrijburger ·

Mmmm die minister wil “sanksies” instel teen krieket.
Dit is lankal al tyd dat wereld sportliggame sanksies instel teen SA se nasionale spanne oor politieke inmenging en rasse diskriminasie (kwota’s).

koos ·

“He is a legend in his own mind”, vasgevang in die draaikolk van sy eie verre vergete verlede, besig om afgesuig te word na die swart rassisitiese modder van sy eie moederparty.

MakersMark ·

Vinnig besig om een van die grootste narre in die kabinet te word. Hiet en gebied almal en hul moet spring maar geen gravitas of leierskap nie.

Anel ·

Wat weet hy in elke geval van krieket, of van enige sport? Maar nou ja, dit is iets van die verlede.

quartus ·

krieket in SA sal tot niet gaan agv die inmenging deur die regering. krieket spelers sal maar moet begin soek na n alternatiewe sport soos rolbal

Jakes ·

Die agbare minister gaan nog sy aksies moet verduidelik aan die IKR waarom politiek met sport moet inmeng. Nie een van sy voorgangers se dreigemente het hulle gehelp nie. Hoe lank dink hy gaan borge met sy inmengery tevrede wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.