’n Bavuma-lose T20-reeks?

Temba Bavuma. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Die Protea-krieketspan kan heel moontlik sonder die dienste van hul kaptein, Temba Bavuma, vir die komende T20-reeks teen Pakistan wees.

Die 30-jarige kolwer het gister sy dyspier beseer terwyl hy in die beslissende eendagwedstryd op SuperSportpark gekolf het.

’n Moeilike tyd wag op Mark Boucher; veral as Rassie van der Dussen ook nie vir die mik-en-mokerreeks beskikbaar is nie.

“Temba is ’n taai kalant en wanneer hy so sukkel om te loop is daar ongetwyfeld ’n moontlikheid dat hy ’n meer ernstige besering opgedoen het,” het die Protea-breier gesê.

Volgens Boucher kan Van der Dussen tot tien dae buite aksie wees, terwyl die Proteas reeds sonder Quinton de Kock, David Miller, Lungi Ngidi, Kagiso Rabada en Anrich Nortjé (weens IPL-verpligtinge) moet klaarkom.

Dit beteken egter dat spelers soos Kyle Verreynne en Janneman Malan speelkans sal kry. Die twee het juis gister vyftigtalle in Suid-Afrika se nederlaag van 28 geslaan.

Malan (70) het lekker aggressief aan die begin van die Protea-beurt gekolf, terwyl Verreynne (62) ’n goeie vennootskap met Andile Phehlukwayo (54) gedeel het.

Hulle is die toekoms van Suid-Afrikaanse krieket en hulle kan net beter en meer bestendig op die internasionale verhoog word as hulle gereelde speelkans kry.

Benewens Nortjé – wat in sy twee wedstryde gesamentlik die meeste paaltjies geneem het – het die res van die Protea-snelboulers gesukkel.

Rabada het net twee paaltjies laat kantel, terwyl Ngidi sy reeks met ’n sukkel-gemiddeld van 131 afgesluit het.

Gelukkig het Keshav Maharaj (3/54) gister goed geboul, terwyl Bavuma vir Aiden Markram ook goed ingespan het.

Die eerste van die vier T20-wedstryde begin Saterdag om 14:30 op die Wanderers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christo ·

Ag, geen probleem nie. Gaan sit net op die een kniegie en bal n vuisie. Dan sal alles mos reg wees.

Eden ·

Bavuma is seker die speler met die swakste gemiddeld in die span, maar almal weet hoekom hy daar is. Klink vir my die blommetjies kan dalk beter sonder hom vaar.

Hendrik ·

Dalk moet jy bietjie jou huiswerk gaan doen. Temba het ‘n gemiddeld van 49.7 in eendagkrieket en 35.5 in T20’s. Daar is baie spelers wat baie slegter syfers as dit het. As voorbeeld, Markram het 27.6 in eendagkrieket en slegs 9 in T20’s. Die syfers is na gister se wedstryd.

Jack Russ1 ·

Hahaha Hendrik, daar bederf jy nou ‘n goeie storie met feite

Jack Russ1 ·

As ‘n mens kyk na die laaste 10 jaar se gemiddelde is Temba 4de vir SA in ODIs en 6de in T20s. Klink vir my na iemand wat darm weet hoe om die kolf vas te hou

Jakes ·

Bavuma doen homself eintlik n guns om nie in die T20 wedstryde te speel nie want pakkry gaan hulle beslis teen Pakistan. Maar wonder ek nou wat hy gaan doen want van more af moet hulle weer kniebuig voor elke wedstryd. Dit lyk my dat KSA glo dat die kniebuigery die span n beter kans gaan gee om te wen. Solank politiek in sport eerste kom sal die kwaliteit van sport in SA, nes die land, met rasseskrede agteruitgaan en is verloor ons voorland. Almal weet hoekom Bavuma nou kaptein is, net soos almal weet hoekom Kolisi die bokkatein is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.