Namibië aan die brand by WB-toernooi

David Wiese het die wenlopies teen Ierland geslaan. Foto: Aamir Qureshi/AFP.

Namibië speel vandag sy eerste Super12-wedstryd teen Skotland in Dubai, maar die span het ongetwyfeld reeds sy stempel in die T20-Wêreldbekertoernooi afgedruk.

In die voorafgaande kwalifiserende wedstryde het hulle nie net met Nederland klaargespeel nie, maar ook op ’n drafstap met Ierland afgereken.

En Gerhard Erasmus (kaptein) meen dat sy span nog nie volgens hul volle potensiaal speel nie.

“Ons was nog nie op ons heel beste nie en dit is goed om te weet dat ons oor die vermoë beskik om selfs nog beter te speel,” het Erasmus gesê.

David Wiese, die voormalige Protea-speler, is deesdae in aksie vir die Namibiërs en hy is tans een van die voorste veelsydige sterre by die Wêreldbeker-toernooi.

In drie wedstryde het hy 100 lopies teen ’n treftempo van 163,93 geslaan, terwyl hy ook drie paaltjies teen ’n gemiddeld van 21,66 geneem het.

Hy is reeds twee keer as die speler van die wedstryd aangewys en hy het veral in hul oorwinnings uitgeblink. Teen Nederland het hy 66 van 40 aflewerings gemoker, terwyl hy ook teen die Iere die langsteel ingelê het om 28 onoorwonne lopies van 14 balle te slaan.

Erasmus is trots op Namibië se sportondersteuners en sê dit is lekker om vir hulle te speel.

“Ek dink al ons ondersteuners is vertroud met die spelers. Almal is baie opgewonde wanneer hul atlete goed vaar en sport beskik oor die vermoë om ’n land se burgers meer positief te maak.

“Ons is ’n klein land, net ’n paar mense speel krieket en ons kan trots wees op onsself. Hopelik kan ons gereeld met sulke vertonings vorendag kom,” het Erasmus ná die Ierland-sege gesê.

En selfs al kwalifiseer hulle nie vir die uitspeelwedstryde nie, het Namibië reeds vriend en vyand met die span se passie en veggees beïndruk.

  • Namibië se bepalings vir die Wêreldbeker-toernooi:

27 Oktober teen Skotland

31 Oktober teen Afghanistan

2 November teen Pakistan

5 November teen Nieu-Seeland

8 November teen Indië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kirst ·

AB en Faf speel vir geld in die bietjie tyd wat hulle oor het. De Kock sal maar vir Engeland moet gaan speel. Of buig hulle ook die knie?

Kaptein67 ·

Ek hoop regtig dat Namibie eerder die wereld beker toernooi wen, KSA verdien nie om verder ondersteun te word nie. Hulle moet maar op hulle eie aangaan saam met die anc. Jammer dat die goeie spelers in die Proteas onder die politieke inmenging moet ly.

Dries ·

Gaan voluit Namibië. Julle het ons Saners se volle ondersteuning. Vaarwel KSA. Mag julle soos mis voor die son verdwyn. Julle is rasegmal,, behep met rassisme. Shame word groot en kry n nuut gevonde lewe. Geen meds meer vir julle nie. Namibië. Vir altyd bo.

piet ·

Namib het die knie geneem in vandag se wedstryd so jy ondersteun nou kniebuigers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.