Net De Kock kook tans met kolf

Quinton de Kock. Foto: Randy Brooks/AFP.

Ná gisteraand se wedstryd – wat die Wes-Indiese Eilande met 21 lopies gewen het om hul kanse in die reeks aan die gang te hou – is dit duidelik dat die Proteas hopeloos te swaar op Quinton de Kock se kolfwerk steun.

Die 28-jarige kolwer het 60 van die Suid-Afrikaners se 146 lopies aangeteken. Om hierdie prestasie in perspektief te plaas: Aiden Markram se 20 lopies was die naashoogste telling in die besoekers se beurt.

De Kock staan trouens kop en skouers bo die res van die kolwers in die reeks uit.

In sy vier wedstryde het hy reeds 195 lopies teen ’n gemiddeld van 48,75 en ’n treftempo van 141,30 gemoker. In die proses het hy 15 viere en agt sesse geslaan.

Op die boulfront het George Linde (2/16) en Tabraiz Shamsi (2/13) weer eens uitgeblink en hulle het gesamentlik van Lendl Simmons, Shimron Hetmyer, Nicholas Pooran en Andre Russell ontslae geraak.

Maar oudergewoonte het Lungi Ngidi (o/48) gesukkel; Kieron Pollard het 18 lopies van sy laaste beurt geslaan om die Windies tot ’n goeie telling van 167/6 te lig.

Ngidi – wat een van die Proteas se groot sterre in die toetsreeks was – het in 14 boulbeurte twee paaltjies geneem en 165 lopies afgestaan. Van almal wat al in die wedstryde geboul het, staan slegs Reeza Hendricks en Markram meer lopies as hy af.

Die finale wedstryd word môre gespeel en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Daar is te veel boulers in die span wat nie kan klof nie.

Toy

Baie bly vir hom.

Manie

Ngidi net blm gepla. Baie gemiddelde bouler