Net een Protea onder voorste kolwers, boulers

Kagiso Rabada. Foto: Punit Paranjpe/AFP.

Toetskrieket se amptelike kolwer- en boulerranglys is gister bygewerk en benewens Kagiso Rabada is daar nie ’n enkele Suid-Afrikaner wat onder die top-10 spelers tel nie.

Rabada, wat die afgelope toetsreeks teen Sri Lanka misgeloop het, is steeds die sesde beste bouler op die internasionale toetskrieketverhoog. Die dae dat Dale Steyn, Vernon Philander en Morné Morkel se heldedade die ranglys oorheers het, is ongetwyfeld iets van die verlede.

Wat kolfwerk betref, lyk dinge nie veel beter nie.

Dean Elgar se goeie spelpeil teen Sri Lanka beteken dat hy die 13de plek op die ranglys beklee, terwyl Quinton de Kock 14de is.

Faf du Plessis, wat 199 in die eerste toets op SuperSportpark geslaan het, is 23ste op die lys.

Marnus Labuschagne (vierde) en Neil Wagner (derde) skitter egter vir Australië en Nieu-Seeland.

Voorste toetskolwers (11 Januarie 2021):

  1. Kane Williamson (Nieu-Seeland)
  2. Steve Smith (Australië)
  3. Virat Kohli (Indië)
  4. Marnus Labuschagne (Australië)
  5. Babar Azam (Pakistan)
  6. Ben Stokes (Engeland)
  7. Ajinkya Rahane (Indië)
  8. Cheteshwar Pujara (Indië)
  9. Henry Nicholls (Nieu-Seeland)
  10. David Warner (Australië)

Suid-Afrikaners: Dean Elgar (13), Quinton de Kock (14), Faf du Plessis (23), Aiden Markram (25) en Temba Bavuma (59).

Neil Wagner. Foto: Michael Bradley/AFP.

Voorste toetsboulers (11 Januarie):

  1. Pat Cummins (Australië)
  2. Stuart Broad (Engeland)
  3. Neil Wagner (Nieu-Seeland)
  4. Tim Southee (Nieu-Seeland)
  5. Josh Hazlewood (Australië)
  6. Kagiso Rabada (Suid-Afrika)
  7. James Anderson (Engeland)
  8. Mitchell Starc (Australië)
  9. Ravichandaran Ashwin (Indië)
  10. Jasprit Bumrah (Indië)

Suid-Afrikaners: Keshav Maharaj (29), Anrich Nortjé (38), Wiaan Mulder (45), Lutho Sipamla (47) en Lungi Ngidi (49).

  • Net interessantheidshalwe:

Voorste toetskolwers (1 Januarie 2013):

  1. Michael Clarke (Australië)
  2. Shivnarine Chanderpaul (Wes-Indië)
  3. Hashim Amla (Suid-Afrika)
  4. Kumar Sangakarra (Sri Lanka)
  5. Alistair Cook (Engeland)
  6. Jacques Kallis (Suid-Afrika)
  7. AB de Villiers (Suid-Afrika)
  8. Ross Taylor (Nieu-Seeland)
  9. Mike Hussey (Australië)
  10. Younis Khan (Pakistan)

Dale Steyn. Foto: AFP Photo/Alexander Joe.

Voorste toetsboulers (1 Januarie 2013):

  1. Dale Steyn (Suid-Afrika)
  2. Vernon Philander (Suid-Afrika)
  3. Saeed Ajmal (Pakistan)
  4. Peter Siddle (Australië)
  5. Heranga Herath (Sri Lanka)
  6. James Anderson (Engeland)
  7. Graeme Swann (Engeland)
  8. Morne Morkel (Suid-Afrika)
  9. Pragyan Oja (Indië)
  10. Abdur Rehman (Pakistan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

twaalfboor ·

Omdat hulle meer gepla is om met die vuisie in die lug te staan.

Vrijburger ·

Marnus Labuschagne (Australië)
Neil Wagner (Nieu-Seeland)

Schadenfreude!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.