Net onwaarskynlike reën kan Root-hulle nou red

En toe sing die vet ou tannie al voor middagete op die vierde dag…

Engeland was in die twee spanne se onderskeie eerste beurte in die eerste As-toets in Brisbane dikwels in beheer. Die 141 nun van Australië se kaptein Steve Smit het hulle egter met ʼn eerstebeurt-agterstand van 26 lopies gelaat.

Nou kan hulle net deur onwaarskynlike reën gered word met die Aussies wat nog net 56 vir ʼn oorwinning kort met al tien hulle paaltjies staande nadat Engeland vir 195 in hul tweede beurt uitgehaal is.

♦  Engeland was Saterdagmiddag in hulle tweede beurt op 7/2 in groot moeilikheid, het teen uitskeityd ná 16 boulbeurte effens na 33/2 herstel – en toe Sondagoggend heeltemal in duie gestort.

Hulle het voor etenstyd nog drie paaltjies verloor, onder meer dié van hul voorste kolwer Joe Root wat 51 aangeteken het voordat hy tien minute voor etenstyd uitgehaal is en vir Mark Stoneman (27) en Danie Malan (4) paviljoen toe gevolg het.

Daarna het net Moeen Ali (42) en Jonny Bairstow (40) nog effense weerstand gebied voordat Engeland vir ʼn onaanvaarbare 195 uit was.

Josh Hazelwoord, Mitchell Starc en Nathan Lyon het elk drie paaltjies geneem en Pat Cummins een.

Die teiken van 170 was nie veel nie, en David Warner (64) en die nuweling Cameron Bancroft, wat 51 na sy eerste beurt se vyf lopies bygedra het, het die uitskei-telling na die vierde dag na 114 sonder verlies gevoer.

Vir ʼn opsomming en volledige statistiek van die toets tot dusver, klik op die skakel http://www.espncricinfo.com/series/10883/scorecard/1072305/Australia-vs-England-1st-Test-eng-tour-of-aus-and-nz-2017-18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.