Ngidi, Rabada hou Proteas op dreef

(Foto: pixabay)

Indië is Dinsdag vir 327 uitgehaal op die derde dag van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Indië op SuperSportpark in Centurion.

Indië het in minder as ʼn uur en ʼn half sewe paaltjies vir net 55 lopies verloor. Hulle het spel op 272/3 hervat nadat reën spel op die tweede dag onderbreek het.

Boulers Lungi Ngidi (3/26) en Kagiso Rabada (3/21) het drie paaltjies elk geneem terwyl Indië se kolfbeurt ineengestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.